Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/89 bl. 2-3
  • Spesiale byeenkomsglanspunte werk eenheid in die hand

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spesiale byeenkomsglanspunte werk eenheid in die hand
  • Ons Koninkryksbediening—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jehovah na deur geregtigheid te beoefen
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms vir 1987
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Goddelike geregtigheid—’n Rede om te juig!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Byeenkomste—bewys van ons broederskap
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1989
km 3/89 bl. 2-3

Spesiale byeenkomsglanspunte werk eenheid in die hand

1 “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon!” (Ps. 133:1, NAV). Nadat ons ons “Goddelike Geregtigheid”-Streekbyeenkoms-program met sy verskeie spesiale glanspunte geniet het, het hierdie woorde dieper betekenis aangeneem vir die wêreldwye broederskap van Jehovah se volk.

2 Verwagting is gewek toe daar in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1988 aangekondig is dat spesiale informasie vir Jehovah se volk aangebied sou word. Toe die bemoedigende informasie deur die sprekers gegee is, was ons verheug dat ons aanwesig kon wees en ’n deel daarin kon hê. En watter vreugde was dit om saam met soveel broers “Ja!” te sê op die kragtige Resolusie!

3 Die vrystelling van die publikasie Insight on the Scriptures wat uit twee bundels bestaan, was ook spesiaal. Wat ’n pragtig geïllustreerde publikasie! Hoe sal dit ons tog verenig wanneer ons Bybelonderwerpe navors sodat ons eenstemmig kan wees oor die ware betekenis van die Skrif!​—1 Kor. 1:10.

4 Wat ’n aangename verrassing het ons Saterdagmiddag ontvang toe daar aangekondig is dat ’n nuwe publikasie met die titel Openbaring​—Sy groot klimaks is ophande! vrygestel word. Hierdie boek met 320 bladsye sal gewis help om ons gedagtes te verenig oor die betekenis van die talle simboliese uitdrukkings wat in die laaste boek van die Bybel gevind word.

5 Nog ’n glanspunt was toe sendelinge hulle persoonlike ondervindinge by sommige van die byeenkomste vertel het. Hoe waardeer ons hulle jare van getroue diens tog! Ondanks talle struikelblokke, soos swak gesondheid, taalprobleme en teenstand het hulle die verkondiging van die goeie nuus in verafgeleë lande uitgebrei.

6 Ons het beslis meer seëninge van Jehovah ontvang as wat ons ooit verwag het. Dit is nou ons vaste voorneme om van goddelike geregtigheid te getuig sodat nog ander regskapenes daarop sal reageer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel