Teokratiese Nuus
♦ By die 133 “Godvrugtige Toegewydheid”-Streekbyeenkomste wat in die gebied gehou is wat onder die Verenigde State se tak val, was daar ’n topopkoms van 1 366 700, en 18 011 is gedoop.
♦ Amerikaans-Samoa het in Junie ’n hoogtepunt van 155 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 35 persent.
♦ Antigua het in Junie ’n hoogtepunt van 238 verkondigers gehad.
♦ Die drie streekbyeenkomste in die Bahamas is deur 2 448 bygewoon, en 48 is gedoop.
♦ Ciprus het in Junie hulle sesde agtereenvolgende hoogtepunt gehad met 1 213 wat gerapporteer het.
♦ Die Dominikaanse Republiek het in Junie ’n hoogtepunt van 11 605 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 10 persent. Hulle het ook ’n hoogtepunt van 22 096 Bybelstudies gehad.
♦ Fidji het in Junie hulle 54ste agtereenvolgende hoogtepunt gehad met 1 454 verkondigers wat gerapporteer het. Hulle Bybelstudies het vermeerder tot 2 403, die 25ste agtereenvolgende hoogtepunt.
♦ Tahiti het in Junie ’n vermeerdering van 18-persent gehad met 1 005 verkondigers. Dit was hulle 20ste agtereenvolgende hoogtepunt.
♦ Vanuatu het in Junie ’n hoogtepunt van 113 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 35 persent.
♦ Wes-Samoa het in Junie ’n hoogtepunt van 198 verkondigers gehad, ’n vermeerdering van 24 persent.