Aankondigings
● Lektuuraanbod vir Februarie: Enige sakformaatboek wat voor 1980 uitgegee is en waarvan die gemeente ’n voorraad het teen die verminderde bydrae van R1,00. Indien die gemeente nie ’n voorraad boeke het wat teen die verminderde bydrae aangebied kan word nie, kan die volgende boeke bestel word: Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, God se “ewige voorneme” seëvier nou ten goede van die mens en Heilige gees—die krag agter die komende nuwe orde! teen ’n bydrae van R1,00 elk. LET WEL: Die prys van die sakformaatboeke van voor 1980 sal slegs gedurende hierdie kampanje 60c vir gewone en spesiale pioniers wees. Vir gemeenteverkondigers en hulppioniers is die prys R1,00 elk. Gemeentes kan krediet aanvra vir boeke van voor 1980 wat deur verkondigers en pioniers bekom is vir die aanbod vir Januarie en Februarie. (Engels: Survival Into a New Earth teen ’n bydrae van R2,50.) Maart: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,50. April en Mei: Wagtoring-intekening. As ’n intekening nie aanvaar word nie, kan twee tydskrifte en enige brosjure teen ’n bydrae van R1,95 aangebied word.
● Die sekretaris en diensopsiener moet die diens van alle gewone pioniers ondersoek. Indien enigeen dit moeilik vind om die vereiste ure te werk, moet ouere manne reël dat hulle gehelp word. Hersien die voorstelle in die Genootskap se briewe (S-201) van 1 November 1988 en 1 Oktober 1989. Sien ook paragrawe 12-20 van die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.
● Die Gedenkmaal sal op Dinsdag, 10 April 1990, gehou word. Hoewel die toespraak vroeër kan begin, moet daar asseblief in gedagte gehou word dat die Gedenkmaalbrood en -wyn nie voor sononder omgestuur moet word nie. Raadpleeg plaaslike bronne om vas te stel hoe laat die son in julle gebied ondergaan. Geen ander vergaderinge moet op daardie dag gehou word nie. As julle gemeente gewoonlik op ’n Dinsdag ’n vergadering het, kan julle dit verander na ’n ander tyd daardie week as die saal beskikbaar is. As julle Diensvergadering geraak word, kan julle enige deel vir daardie week wat veral op julle gemeente van toepassing is by ’n ander Diensvergadering inpas.
● Ons wil alle gemeentes daaraan herinner dat die identiflkasiekaart (S-65), waarna daar in Ons Koninkryksbediening vir Desember 1989 verwys is, nie vir algemene verspreiding bedoel is nie. Die presiderende opsiener moet dit slegs bestel in noodgevalle of as probleme opduik wanneer ’n gebied gedek word waar verkondigers een of ander vorm van identifikasie nodig het of daarom gevra word.
● Met ingang van 31 Desember 1989 is die vonnis van talle jong broers wat tot ses jaar gemeenskapsdiens gevonnis is, verkort. Ons het uit ’n betroubare bron verneem dat daar voortgegaan sal word om sulke vonnisse te verkort. Ons nooi al hierdie broers om Betheldiens ernstig te oorweeg en die Genootskap skriftelik om ’n aansoekvorm te vra.
● Gemeentes mag nou bestellings plaas vir die herdrukte Watchtower-bundels vir 1972 en 1973. Moet asseblief nie bundels vir enige jaar na 1973 bestel voordat Ons Koninkryksbediening aankondig dat dit beskikbaar is nie.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
Comprehensive Concordance of the New World Translation of the Holy Scriptures—Duits
Die Bybel—God se woord of die mens s’n? (gemeente en publiek: R2,50; pioniers: Rl,25)—Afrikaans, Chinees, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Japannees, Nederlands, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe)—Pools
Openbaring—Sy groot klimaks is ophande!—Hongaars
Sing lofliedere voor Jehovah (Klein uitgawe)—Suid-Sotho, Xhosa, Zulu
Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk (gemeente en publiek: R3,75; pioniers: R2,00)—Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa, Zulu
Moet jy in die Drie-eenheid glo? (gemeente en publiek: 75c; pioniers: 40c)—Afrikaans, Duits, Engels, Grieks, Hongaars, Italiaans, Pools, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa, Zulu
● Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Luister na die Groot Onderwyser (vyf kassette en boek in album; gemeente en publiek: R34,00; pioniers: R28.50)—Grieks
● Uit voorraad in Suid-Afrika:
Man’s Salvation out of World Distress at Hand!—Engels
Watch Tower Publications Index 1986-1988—Engels
Jehovah’s Witnesses and the Question of Blood—Engels
Jehovah’s Name to Be Declared in All the Earth—Drama (enkelkasset)—Engels
Beware of Losing Faith by Drawing Away From Jehovah—Drama (enkelkasset)—Engels