Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/90 bl. 3
  • Toon vertroue in Jehovah deur as pionier te dien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon vertroue in Jehovah deur as pionier te dien
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HEROORWEEG JOU PERSOONLIKE OMSTANDIGHEDE
  • Pionierdiens—Is dit vir jou?
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Toon die “gees van die geloof”
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Kan jy Jehovah as ’n pionier dien?
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 2/90 bl. 3

Toon vertroue in Jehovah deur as pionier te dien

1 As ’n mens Koninkryksbelange eerste wil stel, moet jy op Jehovah vertrou (Ps. 56:12; Spr. 3:5; Matt. 6:33). Ons moet ons gedagtes afwend van wat die wêreld as belangrik beskou en dit op geestelike waardes vestig. Terwyl die wêreld ons begeerte na materiële dinge prikkel, versoek Jehovah ons om vergenoeg te wees met die dinge wat werklik belangrik is.—1 Tim. 6:8; Filip. 1:10, NW.

2 Dit is veral ’n uitdaging vir jong Christene wat Jehovah se bevele ernstig wil opneem. Hulle onderwysers en skoolmaats wat meen dat geleerheid noodsaaklik is om sukses te behaal, kan dalk druk op hulle uitoefen. Hoewel jong Christene besef dat hulle materiële behoeftes het, tree baie van hulle verstandig op deur sulke druk te weerstaan en die pionierdiens as hulle loopbaan te kies. Hulle vertrou op Jehovah se beloftes en maak op hom staat om in hulle behoeftes te voorsien.—Ps. 62:3; 68:20; 1 Tim. 5:8; 6:9, 10.

HEROORWEEG JOU PERSOONLIKE OMSTANDIGHEDE

3 Die Wagtoring van 1 Februarie 1983 het elkeen van ons aangemoedig om ons af te vra: “Kan ek werklik die feit dat ek nie ’n pionier is nie voor Jehovah verantwoord?” Dit is duidelik dat baie destyds nie in staat was om pioniers te wees nie. Maar dit het hulle nie ontmoedig nie, omdat hulle besef het dat heelhartige diens, ongeag hoeveel ’n mens doen, altyd vir Jehovah aanvaarbaar is (Miga 6:8; 2 Kor. 8:12). Later, toe hulle persoonlike omstandighede verander het, het biddende heroorweging van daardie Wagtoring-artikel van 1983 hulle in staat gestel om onder die duisende te wees wat in die laaste tyd as gewone pioniers begin dien het.

4 Het jou omstandighede al verander indien jou persoonlike omstandighede jou verhinder het om die pionierdiens te betree toe die voorgaande vraag in 1983 gedruk is? In Suid-Afrika is meer as 550 pionieraansoekvorms verlede jaar ontvang! Baie van hierdie aansoekers wou ongetwyfeld al vroeër pioniers geword het, maar moes wag totdat hulle omstandighede verander het.

5 In party gevalle hou die nodige veranderinge dalk verband met ons beskouing van die pionierdiens. Of dit beteken dalk eenvoudig dat ’n goeie rooster uitgewerk moet word. Soms is ’n verandering ten opsigte van persoonlike verantwoordelikhede en verpligtinge nodig om die weg tot pionierdiens te baan. Daarom is dit goed om gereeld tot Jehovah daaroor te bid en onsself en ons omstandighede eerlik te evalueer. Duisende het dit gedoen en geniet nou die seëninge van die pionierdiens.

6 Toon ’n eerlike beoordeling van jou omstandighede dat jy moontlik in die nabye toekoms die pionierdiens kan betree? Waarom begin jy dan nie nou om as gereelde hulppionier te dien nie? Binne ’n paar maande sal jy waarskynlik herbesoeke en Bybelstudies hê. Dit kan jou help om makliker na die gewone pionierdiens oor te skakel, miskien nog voor die begin van die nuwe diensjaar.

7 Jehovah bring groot dinge tot stand in die laaste dae van hierdie huidige goddelose stelsel. Dit is nou die tyd vir ons almal om tot hom te nader en sy naam “elke dag” te loof (Ps. 145:2; Jak. 4:8). Indien jou omstandighede jou toelaat en jy aan die vereistes voldoen, moet jy pionierdiens as nog ’n bewys laat dien dat jy op Jehovah vertrou.—Ps. 94:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel