Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/90 bl. 1-7
  • Eer Jesus Christus—die fondament van ons geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eer Jesus Christus—die fondament van ons geloof
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • TOON DANKBAARHEID
  • PREEK ONDER CHRISTUS SE HOOFSKAP
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Opvolgwerk met Intekening verval-strokies
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied steeds intekeninge op Die Wagtoring aan
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Hou aan om by Die Wagtoring en Ontwaak! baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Velddiensvergaderinge
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 4/90 bl. 1-7

Eer Jesus Christus—die fondament van ons geloof

1 Dit is lewensbelangrik dat ons Jesus Christus se rol in die vervulling van Jehovah se voorneme verstaan. Jesus het sy lewe as ’n losprys vir die gehoorsame mensdom gegee (Matt. 20:28). Sonder Jehovah se liefdevolle voorsienings deur middel van Jesus Christus sou ons in ’n sterwende toestand met geen hoop vir die toekoms nie gebly het.

2 Ons dink veral gedurende die Gedenkmaalseisoen na oor Jesus se lewe, leringe en offerande (Luk. 22:19). Omdat ons dit waardeer dat “God sy liefde tot ons daarin [bewys het] dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was”, word ons beweeg om God en Christus te eer deur die goeie nuus entoesiasties aan ander te verkondig. Hoe kan ons dit doen?—Rom. 5:8, 10.

TOON DANKBAARHEID

3 Ons erken dat Jehovah se sigbare organisasie onder die hoofskap van Jesus funksioneer. Hier op aarde gee die ‘getroue dienskneg’-klas ons die geestelike voedsel wat ons nodig het. Jesus het van sy jeug af groot waardering vir sy Vader se Woord getoon, en ons wil sy voorbeeld volg deur die geestelike voedsel wat voorsien word te bestudeer en te verwerk sodat ons ander met welslae kan leer (Matt. 24:45, 46; Luk. 2:46-50). Ons toon ons dankbaarheid vir die organisasie en die geestelike voorsienings wat dit beskikbaar stel deur die leiding daarvan te volg en met die ouere manne saam te werk.

4 Ons kan ook aan Christus eer betoon en ons bediening versier deur toe te pas wat ons uit God se Woord leer. Jesus was ’n hoëpriester sonder gebrek, “afgeskeie van die sondaars” (Hebr. 7:26). Hy was nie daaraan skuldig dat hy een ding gesê en ’n ander gedoen het nie. As medediensknegte moet ons dieselfde hoë standaard handhaaf. Wanneer ons ander dus van die regverdige nuwe stelsel vertel wat Jehovah belowe het, moet ons nou al só lewe dat ons met daardie nuwe wêreld geïdentifiseer sal word.—Matt. 7: 21; 1 Joh. 2:17.

PREEK ONDER CHRISTUS SE HOOFSKAP

5 Gedurende April en Mei gaan ons die Wagtoring-intekening aanbied. Ons kan Jesus eer deur vir voornemende lesers te toon dat Die Wagtoring dit ten doel het om, soos bladsy 2 van elke nommer verduidelik, “geloof voor [te staan] in die tans heersende Koning, Jesus Christus, wie se vergote bloed die weg vir die mensdom open om die ewige lewe te verkry”. Bied dus waar moontlik eers die intekening aan. As die intekening nie aanvaar word nie, kan jy twee tydskrifte en ’n brosjure aanbied en sodoende sade van waarheid plant.

6 ’n Groot groep mense wat nog nie Getuies is nie, toon respek vir Jesus deur die Gedenkmaal by te woon. Kan hulle deur middel van ’n persoonlike Bybelstudie gehelp word om groter geestelike vooruitgang te maak? Dit sal goed wees om seker te maak dat iemand hulle besoek en die nodige hulp aanbied. As hulle liefdevolle hulp ontvang, kan sommige vooruitgang maak sodat hulle voor die volgende viering van die Here se Aandmaal aan die bediening deelneem.

7 Hoe dankbaar is ons tog vir die liefdevolle offerande van ons Verlosser, Jesus! Hy het ons ’n gewisse hoop gegee. Sy lewenswyse en die verslag oor sy bediening is ’n volmaakte voorbeeld vir ons om na te volg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel