Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/91 bl. 1-3
  • Is julle kinders gereed om terug te gaan skool toe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is julle kinders gereed om terug te gaan skool toe?
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Onderhofies
  • GEBRUIK DIE SKOOL-BROSJURE
  • WEES ELKE DAG ’N GETUIE
Ons Koninkryksbediening—1991
km 1/91 bl. 1-3

Is julle kinders gereed om terug te gaan skool toe?

1 Gedurende Januarie sal jong Christene teruggaan skool toe. Hulle is dalk heel opgewonde hieroor en miskien ’n bietjie bang. Hierdie innerlike gevoelens ontstaan weens die geleenthede en uitdagings wat hulle verwag. Party jongmense sal nuwe klasmaats en onderwysers ontmoet. Jong Christene besef ook dat elke nuwe skooljaar met toetse van hulle geloof, onkreukbaarheid en liefde vir Jehovah gepaard gaan. Julle jongmense in die gemeente, is julle gereed om terug te gaan skool toe? En ouers, hoe kan julle jul kinders versterk om die toetse wat voorlê te bowe te kom?

GEBRUIK DIE SKOOL-BROSJURE

2 In 1983 is die Skool-brosjure spesiaal vir Christenouers en hulle skoolgaande kinders voorsien. Dit is daarop gemik om die oortuigings en gebruike van Jehovah se Getuies wat met sekere skoolbedrywighede verband hou duidelik vir onderwysers en owerhede uiteen te sit. Dit verskaf ook riglyne wat die verenigde standpunt van Jehovah se Getuies ten opsigte van morele gedrag betref.

3 Vir baie jongmense was hierdie brosjure ’n ware beskerming. ’n Getuie-ouer het byvoorbeeld gehoor dat mense wat vir hulle onsedelikheid bekend is die leerlinge seksonderrig gaan gee. Die ouer kon haar skriftuurlike besware met behulp van die brosjure bespreek en het daarin geslaag dat gepaste veranderinge in haar dogter se klasse aangebring word.

4 Voordat die skool begin, kan ouers hulle kinders se verstande en harte versterk deur tyd opsy te sit om hulle aan die inhoud van die brosjure te herinner. As die kinders se spesifieke ouderdom, standerd en skool in ag geneem word, kan die ouers gekose gedagtes uit die brosjure beklemtoon wat veral gedurende die jaar nuttig kan wees (Spr. 14:15; 22:3). Hersien met jou kind situasies wat hy kan teëkom, en demonstreer hoe die gedrukte materiaal tot voordeel kan wees om ‘reguit paaie vir sy voete te maak’.—Hebr. 12:13.

5 Ouers kan baie doen om hulle kinders te help om “verantwoording te doen aan elkeen” wat hulle uitvra oor hulle persoonlike beskouings en hoop (1 Pet. 3:15). In party gevalle verkies ouers dalk om persoonlik met die onderwyser te praat. Party Christenouers sit tyd opsy om die skool gereeld te besoek, aangesien dit kan help om ’n goeie verhouding tussen hulle en die onderwysers te bevorder. Sulke persoonlike belangstelling versterk ook die verhouding tussen ouer en kind. Party ouers het die wenk gevolg om tyd in te ruim om by die klaskamerbesprekings aanwesig te wees waar dit toegelaat word. Soms bied dit die ouer as ’t ware die geleentheid om die omgewing en unieke daaglikse druk waarmee ons kinders te kampe het te ondervind.—1 Pet. 3:8.

WEES ELKE DAG ’N GETUIE

6 Een jong Getuie het sy onderwyseres gevra om hom te help met moeilike woorde wat hy teëgekom het wanneer hy elke dag die Ondersoek die Skrif-boekie gelees het. Op ’n dag het hy gemerk dat sy boekie weg is. Hy het later uitgevind dat sy onderwyseres dit die dag “geleen” het toe sy vroeg van die skool af weg is omdat sy siek was. Sy wou nie die kans laat verbygaan om die teks te lees nie. Dit het daartoe gelei dat sy haar eie eksemplaar van Ondersoek die Skrif ontvang het.

7 Die nuwe skooljaar veroorsaak weliswaar tye van onsekerheid en kommer. Maar ’n positiewe beskouing tesame met goeie voorbereiding sal ouers sowel as jongmense help om ‘die lendene van hulle verstand te omgord’ om Jehovah gedurende die komende skooljaar te loof.—1 Pet. 1:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel