Aankondigings
● Lektuuraanbod vir April en Mei: Wagtoring-intekening teen ’n bydrae van R16,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,00. Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R3,75. Julie en Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van 75 sent elk: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Jy kan vir ewig op die aarde lewe!
● Indien dit prakties is, moet ouere manne reëlings tref sodat gemeentes veral gedurende April aan aandgetuieniswerk deelneem om al die hulppioniers te help.
● Ons druk sedert 1989 ’n bygewerkte weergawe van Redenering uit die Skrif. Die datum van die kopiereg op bladsy 2 is 1989.
● Die Wagtoring in Estnies is sedert 1 Januarie 1991 ook op ons lys halfmaandelikse uitgawes wat deur die pos beskikbaar is.
● Die Genootskap tref reëlings vir ’n aantal streekbyeenkomste wat gedurende die maande September/Oktober 1991 gehou sal word. Julle sal van enige veranderinge in kennis gestel word wanneer die vergaderplekke eers bevestig is. Die byeenkoms in Durban sal nou op 11-13 Oktober 1991 gehou word.
● Gemeentes moet die bundels van The Watchtower en die Awake! vir 1990 begin bestel. Die bundels is beskikbaar in Engels, Grieks, Italiaans en Portugees. Waar gemeentes ’n rekening by die Genootskap het, moet geldsendings nie gemeentebestellings vergesel nie. Die lektuurrekening sal met hierdie bedrag gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Waar gemeentes se lektuurrekening ’n nadelige saldo het, moet kontant die bestelling vergesel. Bundels is beheerde items, en lektuurrekenings sal met R15,50 vir elke bundel gedebiteer word, wat die prys vir die gemeente, die publiek en pioniers is.
● Nuwe publikasies beskikbaar:
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? (Klein uitgawe)—Portugees