Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/91 bl. 7
  • Moedig ander aan om Die Wagtoring te lees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Moedig ander aan om Die Wagtoring te lees
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Puik tydskrifte in die vooruitsig
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Bied in Mei Die Wagtoring-intekening aan
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Berei voor vir tydskrifbedrywighede in April
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 4/91 bl. 7

Moedig ander aan om Die Wagtoring te lees

1 Ons wil liefhebbers van die waarheid gedurende April en Mei aanmoedig om Die Wagtoring gereeld te lees. Ons eie ondervinding het ons daarvan oortuig dat van al die tydskrifte wat vandag uitgegee word net Die Wagtoring die noodsaaklike geestelike voedsel verskaf aan diegene wat oor die jammerlike toestande op die aarde sug en steun.—Eseg. 9:4.

2 Die Wagtoring het ons gehelp om Bybelprofesieë te verstaan wat bewys dat ons in die tyd van die einde lewe en dat God se Koninkryk binnekort vrede na die aarde gaan bring. Ons opregte besorgdheid oor die lewens van ander beweeg ons om hulle van hierdie wonderlike hoop te vertel. En dit bemoedig ons wanneer ons sien dat talle opregtes van hart vir redding ingesamel word.—Joh. 10:16.

3 “Is dit later as wat jy dink?” is die gedagteprikkelende titel van een van die artikels in Die Wagtoring van 1 April 1991. Die nommer van 15 April bevat ’n artikel “Wanneer sal blywende vrede werklik kom?” Hierdie artikels kan goed by die huidige Onderwerp vir gesprekke “Wêreldvrede, is dit naby?” ingeskakel word. Betrek die huisbewoner in ’n hartlike en vriendelike Bybelbespreking om vas te stel of hy opreg in die goeie nuus belangstel. Dit vereis dat jy voorbereid en gereed is om te toon hoe artikels in die jongste tydskrif die huisbewoner sal help om sy begrip van die onderwerp onder bespreking te verbreed.

4 Ons wil soveel mense moontlik aanmoedig om op Die Wagtoring in te teken. Hoewel ons ongetwyfeld die meeste van ons intekeninge van huis tot huis sal verkry, moet ons nie van diegene met wie ons sake doen en van ons bure en familie vergeet nie. Wanneer iemand die intekeningaanbod van die hand wys, kan jy voorstel dat hy die twee tydskrifte neem. Jy kan sy naam op jou tydskrifroete plaas en hom gereeld besoek. Jou gereelde kontak met die persoon sal jou help om sy belangstelling wakker te hou en vas te stel wanneer dit gepas sal wees om hom ’n intekening aan te bied. Onthou, ons opdrag is om die goeie nuus te verkondig en dissipels te maak.—Matt. 24:14; 28:19.

5 April en Mei sal baie geleenthede bied om die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk van huis tot huis sowel as in informele gesprekke met mense wat ons ontmoet te verkondig. Ons kan vol vertroue wees dat Jehovah sal aanhou om ons ywerige pogings te seën om sagmoediges in ons gebied te vind en hulle van die nodige geestelike voedsel te voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel