Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 7 Januarie tot 22 April 1991. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skyf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende Stellings Waar of Onwaar is:
1. Onthouding van bloed beteken dat ’n mens dit nie in enige vorm of op eni-ge manier in jou liggaam inneem nie. [peAF hfst. 25 par. 22, 23]
2. Nadat Paulus ’n Christen geword het, was dit vir hom maklik om te doen wat reg is. [peAF hfst. 26 par. 15]
3. Weens beperkte reis- en kommunikasiemiddele in die eerste eeu is die Koninkryksboodskap nie wyd versprei nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien siAF bl. 226 (si, 1983-uitg., bl. 224).]
4. Geld is die wortel van alle euwels. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 7/1 bl. 29.]
5. Die vroeë Christene het nie Paasfees gevier nie. [peAF hfst. 25 par. 16]
6. Die seisoene ontstaan omdat die aarde teen ’n helling van 23,5 grade lê ten opsigte van die vlak van sy baan om die son. [siAF bl. 280 par. 14 (bl. 279 par. 14)]
7. Die uitdrukking “verskeie dope” verwys na die ritualistiese doop van bekers en kanne wat die Jode beoefen het (Hebr. 9:10, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 2/15 bl. 24.]
8. Die apostel Paulus het geskryf dat dié wat nie werk nie, nie moet eet nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 1/15 bl. 23.]
9. Om “gered [te] word deur kinders te baar” beteken dat dit tot ewige redding kan lei as jy kinders baar (1 Tim. 2:15). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 1/15 bl. 30.]
10. Tyd beweeg in twee rigtings, vorentoe en agtertoe. [siAF bl. 278 par. 4 (bl. 277 par. 4)]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Waarom word gierigheid met afgodediens gelykgestel? (Kol. 3:5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF78 7/1 bl. 12.]
12. Wie is “die mens van wetteloosheid”? (2 Thess. 2:3, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 1/15 bl. 12.]
13. Wie sluit “die verborgenheid” hoofsaaklik in? (1 Tim. 3:16). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 9/1 bl. 12.]
14. Hoe kan ons vir God toon dat ons werklik bedoel wat ons in ons gebede sê? [peAF hfst. 27 par. 11]
15. In watter twee hoofstukke noem Paulus die vereistes vir opsieners? [Weeklikse Skrifgedeelte]
16. Wat is Tartarus? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 3/15 bl. 31.]
17. Wie is die “heerlike wesens” wat in Judas 8 gemeld word? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 4/15.]
18. Wat is die name van die sewe gemeentes in Klein-Asië aan wie Johannes geskryf het? [siAF bl. 265 par. 8 (bl. 262 par. 9)]
19. Waar in God se Woord vind ons riglyne oor wat ons houding teenoor afvalliges moet wees? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 4/15.]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
20. Broers moet ouer vroue in die gemeente as ․․․․․․․ en jonger vroue as ․․․․․․․ in alle reinheid behandel. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF73 bl. 568.]
21. Die Beloofde Land was ongeveer ․․․․․․․ kilometer lank en ․․․․․․․ kilometer breed. [siAF bl. 270 par. 2 (bl. 269 par. 2)]
22. Die maanjaar word deur die ․․․․․․․ en die sonjaar deur die ․․․․․․․ be-paal. [siAF bl. 280-1 par. 18, 20 (bl. 280 par. 18, 20)]
23. Om werklik aantreklik te wees, moet ’n Christin nie net beskeie aantrek nie, maar ook ․․․․․․․ hê. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 3/15 bl. 30.]
24. Die absolute datum vir die Hebreeuse Geskrifte is ․․․․․․․, en dit is ․․․․․․․ vir die Christelike Griekse Geskrifte. [siAF bl. 282-3 par. 28, 30 (bl. 282 par. 29, 31)]
25. Die Juliaanse kalender is in ․․․․․․․ deur Julius Caesar ingestel, en die Gre-goriaanse kalender is in ․․․․․․․ ingestel. [siAF bl. 281 par. 21 (bl. 280 par. 21)]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Die (fees van die ongesuurde brode; fees van die weke; huttefees) staan ook bekend as Pinkster. [siAF bl. 280 par. 17 (bl. 279 par. 17)]
27. Al 11 Jesus se getroue apostels het van (Galilea; Samaria; Judea) gekom. [siAF bl. 274 par. 11 (bl. 271 par. 11)]
28. Die aartsvaders Abraham en Isak het baie jare lank in die (Sjefela; Negeb; Araba) gewoon. [siAF bl. 275 par. 20 (bl. 274 par. 20)]
29. Diegene wat hulle eerste liefde verlaat het, was in die gemeente van (Smirna; Pergamus; Efese). [siAF bl. 265 par. 9 (bl. 262 par. 10)]
30. Die gemeente wat daarvan beskuldig is dat hulle arm, blind, naak en lou is, was (Laodicea; Sardis; Thiatire). [siAF bl. 265 par. 10 (bl. 262 par. 11)]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
1 Thess. 5:8; 2 Tim. 1:7; Hebr. 13:17; Jak. 1:2,3; 1 Pet. 3:7
31. As Christene hulle onkreukbaarheid wil handhaaf, het hulle hierdie geestelike wapenrusting nodig. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 1/15 bl. 22.]
32. Waarom Christene hulle moet onderwerp aan diegene wat die leiding neem. [weeklikse skrifgedeelte; sien wAF91 2/15 bl. 25.]
33. Christene kan gelukkig wees ten spyte van beproewinge. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 3/15 bl. 23.]
34. Die gevolg daarvan as mans nie aan hulle vrouens eer bewys nie. [Weeklikse Skrifgedeelte]
35. Die soort gees wat God vir sy bedienaars gee. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 1/15 bl. 31.]