Werk hard om God se wil te doen
1 Doelgerigte, harde werk wat die gewenste resultate oplewer, is baie bevredigend (Pred. 3:13). Watter werk wat vandag gedoen word, hou die grootste moontlikheid in vir geluk nou en tot in die ewige toekoms? Daar is net een antwoord—die werk om God se wil te doen. Die redes hiervoor sal deeglik ondersoek word deur middel van toesprake, demonstrasies en ondervindinge op ons program vir die spesiale byeenkomsdag vir die 1992-diensjaar. Die tema van die program sal wees: “Werk hard om God se wil te doen.”—Ef. 6:6; 1 Tim. 4:10, NW.
2 Talle is vandag diep ontevrede en gefrustreerd oor hulle lot in die lewe, waarvan ’n groot gedeelte gevul word deur ’n werk wat hulle nie geniet nie. As ons Jehovah se wil in navolging van Christus doen, gee dit ons daarenteen ’n doel in die lewe en stel dit ons in staat om selfs ons sekulêre take met ’n positiewe beskouing te verrig. Wat behels dit om hard te werk om God se wil te doen? Wat is sommige dinge waarteen ons moet waak sodat ons vir God se wil kan bly lewe? Hoe belangrik is dit dat ons die riglyne en wenke volg wat Jehovah se organisasie ons gee wat die predikings- en onderrigtingswerk betref? Watter unieke geleenthede is daar vir jongmense wat hulle daarop toelê om God se wil te doen?
3 Die program, onder andere die twee belangrikste toesprake “Word jou lewe deur God se wil gerig?” en “Ons doel in die lewe—om God se wil te doen”, sal bevredigende antwoorde op hierdie vrae verskaf. Tref nou reëlings om daar te wees en hierdie spesiale program ten volle te geniet.