Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/91 bl. 8
  • Deel 4—Hou aan om mekaar op te bou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Deel 4—Hou aan om mekaar op te bou
  • Ons Koninkryksbediening—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe die Gemeentelike Boekstudiereëling ons help
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Hoe ons met ons Gemeentelike Boekstudiehouer kan saamwerk
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Die Gemeentelike Boekstudie—Waarom ons dit nodig het
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Deel 3—’n Sentrum vir die veldbediening
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1991
km 10/91 bl. 8

Gemeentelike boekstudiereëling

Deel 4—Hou aan om mekaar op te bou

1 Elkeen in ’n Gemeentelike Boekstudiegroep kan ’n belangrike rol speel in die geestelike ontwikkeling van ander in die groep. Ons almal wil die skriftuurlike bevel gehoorsaam om ‘ander tot liefde en goeie werke aan te spoor, en dit des te meer namate ons die dag sien nader kom’.—Hebr. 10:24, 25.

2 Help mekaar: Almal kan daartoe bydra om ’n hartlike, vriendelike atmosfeer by die boekstudie te skep. Wanneer elkeen van ons persoonlike belangstelling in ander lede toon, dra dit by tot die hegtheid van die groep. Galasiërs 6:10 sê ons moet “aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof”. Sien jy byvoorbeeld wanneer sommige in die boekstudie siek is of nie by die vergaderinge is nie? Jy kan hulle dalk bel of hulle gaan besoek. So ’n gees in ’n boekstudiegroep bring die broers nader aan mekaar.

3 Is daar sommige wat aanmoediging nodig het vanweë daaglikse druk, gesinsverantwoordelikhede of ander probleme? Wat kan jy doen om te help? Wend ’n spesiale poging aan om by die vergaderinge met ander te gesels en hulle nie net te groet nie. Sommige is moontlik skaam maar soek tog iemand om mee te gesels en sal bly wees as iemand met hulle kom praat (uwAF bl. 137-8). Die apostel Paulus het Christene aangemoedig om ‘die kleinmoediges te bemoedig, die swakkes te ondersteun en lankmoedig teenoor almal te wees’ (1 Thess. 5:14). Hoe vertroostend is dit tog as iemand siek of mismoedig is wanneer vriende kom kuier of hulle hulp aanbied! Die wete dat iemand anders omgee, is dikwels al wat nodig is.

4 Ons moet ook ons samewerking gee wanneer dit by velddiensreëlings kom. Ons moet probeer om saam met verskillende mense in die groep te werk (2 Kor. 6:11-13; 12:15). Soms vra die boekstudiehouer ons om iemand te help. Hoe reageer ons? Die boekstudiegroep word grootliks versterk wanneer verkondigers en pioniers saam met mekaar werk in die verskillende aspekte van die predikings- en dissipelmaakwerk.

5 Persoonlike voorbeeld: Daar is ander maniere waarop jy tot die boekstudiereëling kan bydra. Jou goeie voorbeeld is belangrik. As jy aantrek wat jy gewoonlik vir vergaderinge by die Koninkryksaal aantrek, toon jy respek. Jy stel ’n positiewe voorbeeld vir diegene wat in die gewoonte verval het om slenterdrag te dra. Maak jy dit ’n gewoonte om betyds te wees sodat jy nie ’n steurnis by die vergadering veroorsaak nie?

6 Die Gemeentelike Boekstudiereëling is ’n liefdevolle voorsiening van Jehovah wat ons volle ondersteuning vereis (Jes. 40:11). Dit is ’n plek waar ons persoonlike hulp kan kry en ook tot die geestelike verkwikking van ander kan bydra. Laat ons almal ‘mekaar bemoedig en die een die ander opbou’ deur hierdie reëling ten volle te ondersteun.—1 Thess. 5:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel