Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/92 bl. 1
  • Gaan sonder versuim na belangstellendes terug

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan sonder versuim na belangstellendes terug
  • Ons Koninkryksbediening—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur spoedig terug te gaan na belangstellendes
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Gaan terug na belangstellendes—Wanneer?
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Skraap die vrymoedigheid bymekaar om herbesoeke te doen
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Herbesoeke lei tot Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1992
km 3/92 bl. 1

Gaan sonder versuim na belangstellendes terug

1 “Van uitstel kom afstel.” Baie van ons is vertroud met hierdie spreukwoord wat ons aanmoedig om noodsaaklike dinge sonder versuim te doen. Die volgende ondervinding toon dat ons hierdie beginsel in ons bediening kan toepas.

2 ’n Suster het ’n boek by ’n man gelaat en belowe om terug te kom. ’n Ander suster het per ongeluk dieselfde huis ’n uur later besoek. Die man het met die boek in sy hand na die deur toe gekom en vir haar gesê: “Toe julle gesê het dat julle sal terugkom, het ek nie gedink dat dit só gou sal wees nie, maar kom in, ek is gereed vir my studie.”

3 Hoewel ’n herbesoek wat só gou gedoen word nie gewoonlik die reël is nie, beklemtoon hierdie ondervinding die feit dat ons daarop bedag moet wees om sonder versuim na belangstellendes wat ons in ons bediening vind, terug te gaan. Ons sal gedurende Maart die Openbaring-boek aanbied. Wêreldgebeure toon duidelik dat hierdie publikasie, wat die laaste boek in die Christelike Griekse Geskrifte verduidelik, so aktueel is soos die koerant, radio en televisie se daaglikse nuusberigte oor wêreldgebeure wat die hele mensdom se lewe regstreeks beïnvloed.

4 Mense het verdere hulp nodig: As ons mense wil help om die inligting in hierdie publikasie te verstaan en te besef dat dit hulle lewe en toekoms raak, moet ons reël om ’n herbesoek te doen, verkieslik binne ’n paar dae ná die eerste besoek. Hoe sal ons dit doen? As jy vir die persoon sê dat jy gaan terugkom, sal dit jou moontlik help om vas te stel hoeveel hy belangstel.

5 Baan die weg vir die herbesoek: Dit is nie altyd maklik om vandag ’n vaste reëling vir ’n sekere tyd te maak nie, en die huisbewoner onthou dalk ook nie om die afspraak na te kom nie. As jy nogtans ’n noukeurige aantekening maak van wanneer die herbesoek gedoen moet word en dan sorg dat jy teruggaan—binne ’n paar dae as dit enigsins moontlik is—sal jy jou verantwoordelikheid nakom om die afspraak ernstig op te neem. As die persoon nie tuis is nie, moet jy aanhou probeer om weer met hom in aanraking te kom. Dit kan hom aanmoedig om jou besoek ernstig op te neem wanneer hy sien hoe vasbeslote jy is om hom tuis te vind.

6 Aangesien ons nooit met die eerste besoek heeltemal seker kan wees hoeveel iemand belangstel nie, moet ons ’n aantekening maak om terug te gaan selfs wanneer daar net ’n bietjie belangstelling is. Dit is goed om sonder versuim terug te gaan waar daar sulke belangstelling getoon is. Jy het moontlik die persoon se belangstelling in die Openbaring-boek gewek, en jy sal dalk aangenaam verras wees deur die goeie ontvangs wanneer jy teruggaan. Maak dus seker dat jy sonder versuim na alle belangstellendes teruggaan!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel