Diensvergaderinge vir Maart
Week wat begin met 2 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer hoe spesifieke artikels in jongste tydskrifte Saterdag in tydskrifwerk gebruik kan word.
20 min: “Openbaring—Geheime word ontsluit.” Vraag-en-antwoorddekking van artikel. Gebruik ’n aanbieding wat plaaslik gepas is wanneer die Openbaring-boek aangebied word. Sluit kort demonstrasies in wat toon hoe algemene besware oorkom kan word. As die huisbewoner sê: “Ons het ons eie geloof”, kan ’n mens taktvol vra: “Het julle onlangs enige besprekings by die kerk gehad oor die Bybelboek Openbaring?” Lei bespreking sodat Openbaring 1:3 gelees kan word. ’n Ander vraag wat gevra kan word, is: “Wat is jou kerk se beskouing oor die boek Openbaring?”
15 min: “Aanbiedings wat ’n gunstige reaksie uitlok.” Bespreking deur ervare ouere man en twee of drie pioniers en/of verkondigers. Bespreek verskillende benaderings wat gepas is vir die plaaslike gebied.
Lied 15 en slotgebed.
Week wat begin met 9 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig diegene aan wat van plan is om in April aan die hulppionierdiens deel te neem om ’n aansoekvorm te kry en dit sonder versuim in te gee.
15 min: “Gaan sonder versuim na be-langstellendes terug.” Vraag-en-antwoordbespreking.
20 min: “Wat kan ek sê om belangstelling wakker te hou?” Reël vir twee of drie goed voorbereide demonstrasies. Vra gehoor ná elkeen waarom hulle meen dat die aanbieding daarin sal slaag om die huisbewoner se belangstelling wakker te hou.
Lied 19 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Maart
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Sluit Genootskap se erkenning van bydraes in. Prys broers omdat hulle die beginsel in Deuteronomium 16:17 toepas.
15 min: “Maak Jehovah se dade bekend.” Vraag-en-antwoordbespreking. Moedig almal hartlik aan om hulle samewerking te gee om April ’n maand van spesiale bedrywigheid te maak.
20 min: Ouere man hou ’n bespreking met drie of vier verkondigers wat in April aan die hulppionierdiens gaan deelneem of met verkondigers wat dit al voorheen gedoen het. Vra hulle uit oor wat hulle beweeg het om aan die pionierdiens deel te neem, watter planne hulle vir April gemaak het en oor enige ondervindinge wat hulle in die verlede tydens hulppionierdiens gehad het. Kondig die name aan van diegene wat reeds as hulppioniers vir April goedgekeur is.
Lied 123 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Maart
15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Moedig almal aan om hulppionierdiens in April te oorweeg. Bespreek reëlings wat getref is om mense na die spesiale toespraak op 5 April te nooi en om groter bedrywigheid in April moontlik te maak.
15 min: Diensopsiener bespreek die reëlings wat vir die spesiale bedrywighede in April vir die gemeente getref is. Verwys na die brief van 25 Februarie 1992 wat aan alle ouere manne gerig is. Het verkondigers hulle planne om gedurende April aan die hulppionierdiens deel te neem al gefinaliseer? Die spesiale toespraak sal op 5 April gehou word en die Gedenkmaal op 17 April. Ons wil soveel tydskrifte moontlik gedurende April versprei, veral op die spesiale tydskrifdag op 11 April. Watter reëlings is daar vir die plaaslike gemeente getref? Moedig almal aan om hierdie reëlings te ondersteun en om gedurende April elke naweek aan die tydskrifwerk deel te neem. Boekstudiehouers moet elke verkondiger in hulle groep aanmoedig en help om ’n betekenisvolle aandeel aan die bediening te hê en aan die einde van April betyds te rapporteer.
15 min: Ouere man bespreek Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1990. Sedert dit gepubliseer en bespreek is, is daar opgemerk dat baie nog nie gepas aantrek wanneer hulle die takkantoor besoek nie. Die bogenoemde sal ook van toepassing wees op die Vertaalkantoor in Windhoek, Namibië, aangesien dit as ’n deel van die Suid-Afrikaanse tak beskou word. Reël ’n demonstrasie waar ’n verkondiger hierdie inligting aan ’n Bybelstudent verduidelik vóór hulle beplande besoek aan Bethel. (2-3 min.)
Lied 213 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Maart
8 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal aan die Wagtoring-kampanje gedurende April en Mei. Waar ’n intekening nie verkry word nie, kan twee tydskrifte en ’n brosjure (buiten die Skool-brosjure) aangebied word.
12 min: “Doen dit tot my gedagtenis.” Toespraak deur presiderende opsiener met gehoordeelname. Sluit materiaal in venster in.
15 min: Plaaslike behoeftes of geesdriftige toespraak gebaseer op artikel in Die Wagtoring van 15 September 1991: “Illustrasies—’n Sleutel om tot harte deur te dring.” Meld illustrasies wat met die huidige aanbod gebruik kan word en wat by die plaaslike gebied sal pas.
10 min: Ondervindinge met die Openbaring-boek gedurende Maart. Nooi verkondigers om positiewe ondervindinge wat vooraf gekies is te vertel soos die tyd toelaat.
Lied 72 en slotgebed.