Teokratiese nuus
St. Lucia: ’n Nuwe hoogtepunt van 481 verkondigers is in November bereik.
Suid-Afrika: Dit is baie aanmoedigend om kennis te neem van die feit dat daar aan die begin van hierdie jaar reeds goeie vordering met 25 Koninkryksaalprojekte gemaak is. ’n Hele paar gemeentes is ook besig om hulle sale op te knap. Ons moedig almal aan wat by Koninkryksaalbouprojekte betrokke is om aan te hou om teen ’n bestendige pas te werk.
◼ Gedurende Januarie en Februarie 1992 is Koninkryksbedieningskoolkursusse vir 3971 ouere manne en 3637 bedieningsknegte gehou. Almal is met welslae gehou en daar was talle betuigings van waardering vir die skool. Die ouere manne het veral die bygewerkte Koninkryksbedieningskoolhandboek waardeer. Die Genootskap wil al die ouere manne en bedieningsknegte bedank vir hulle vrygewige bydraes tot die Koninkrykswerk.
Tahiti: ’n Nuwe hoogtepunt van 1366 verkondigers is in November bereik, wat ’n vermeerdering van 10 persent is.
Thailand: ’n Nuwe hoogtepunt van 1232 verkondigers is in November gerapporteer, wat 6 persent meer is as dieselfde maand verlede jaar.
Zaïre: In Oktober 1991 het onluste en plundering die lewe in baie stede ontwrig. Maar die broers bly ondanks ekonomiese probleme besig met die verkondiging van die goeie nuus. ’n Reëling vir noodvoedselvoorrade is in Kinshasa in werking gestel om ons broers te help; hierdie reëling word baie deur hulle waardeer.