Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/92 bl. 9
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 4/92 bl. 9

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R17,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. Junie: Die mensdom se soeke na God teen ’n bydrae van R4,00. Julie: Enige van die volgende brosjures: Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Die goddelike naam wat vir ewig sal bestaan of Die regering wat die Paradys gaan bring teen ’n bydrae van 80 sent elk. LET WEL: Gemeentes wat nog nie die bogenoemde kampanje-items bestel het nie, moet dit op hulle volgende maandelikse lektuurbestelvorm (S-AB-14) doen.

◼ Die presiderende opsiener moet seker maak dat al die reëlings vir die Gedenkmaalviering getref is. Dit sluit die saalwagters en bedieners se toewysings in, sowel as die voorsiening van ongesuurde brood, rooiwyn, glase, ensovoorts.—Sien die puntelys in Ons Koninkryksbediening vir Maart.

◼ Saalwagters wat by die Gedenkmaal diens doen, moet wakker wees om nuwelinge en mense wat vergaderinge nie gereeld bywoon nie, te groet. Probeer om diegene wat nie ’n tuisbybelstudie het nie se name en adresse te kry. Hierdie inligting moet aan die diensopsiener gegee word.

◼ Navraag is gedoen of dit gepas is om ’n begrafnistoespraak met ’n lied en gebed te begin. Volgens die jongste riglyne wat ons van Brooklyn ontvang het, is dit in orde om begrafnistoesprake met lied en gebed te open en te sluit.

◼ Gemeentes moet die bundels van The Watchtower en die Awake! vir 1991 begin bestel. Die bundels is beskikbaar in Engels, Grieks, Italiaans en Portugees. Waar gemeentes ’n rekening by die Genootskap het, moet geldsendings nie gemeentebestellings vergesel nie. Die lektuurrekening sal met hierdie bedrag gedebiteer word. Totdat die bundels beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Waar gemeentes se lektuurrekening ’n nadelige saldo het, moet kontant saam met die bestelling gestuur word. Bundels is beheerde items, en lektuurrekenings sal met R17,00 vir elke bundel gedebiteer word, wat die prys vir die gemeente, die publiek en pioniers is.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Arabies: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Chinees: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Duits: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Frans: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Hongaars: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Italiaans: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Nederlands: Die grootste mens wat nog geleef het. Pools: Geeste van dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?; Die grootste mens wat nog geleef het. Sjona: Die grootste mens wat nog geleef het. Spaans: Die grootste mens wat nog geleef het.

◼ Nuwe kassetopnames beskikbaar:

Xhosa: My boek met Bybelverhale (Stel van vyf kassette in ’n album; gemeente en publiek: R30,00; pioniers: R26,00).

◼ Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:

Engels: Awake!-houer; Watchtower-houer; Watch Tower Publications Index 1986-1989.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel