Vraebus
◼Moet die gemeente Ons Koninkryksbediening op ’n lêer plaas?
Die Koninkryksbediening vir Junie 1972 het getoon dat dit goed sal wees om ’n lêer van die maandelikse nommers van Ons Koninkryksbediening vir verwysingsdoeleindes in die Koninkryksaalbiblioteek te hou. Dit is steeds gepas om so ’n lêer in elke Koninkryksaalbiblioteek te hou vir die ouere manne en die verkondigers se gebruik.
As so ’n lêer beskikbaar is, kan verkondigers na vorige materiaal verwys wat betrekking het op velddiensaanbiedinge, die hou van Bybelstudies, die doen van herbesoeke, ensovoorts. Goeie idees kan vir gebruik in die bediening gevind word. Van tyd tot tyd verwys die jongste nommers van Ons Koninkryksbediening na nommers wat gedruk is voordat sommige van die broers met die gemeente begin assosieer het. Nuwelinge kan by so ’n lêer baat vind.
Die ouere manne moet die Teokratiese Bedieningskoolopsiener of ’n bekwame bedieningskneg aanwys om seker te maak dat hierdie lêer maandeliks op datum gehou word. Hoewel die inligting wat in Ons Koninkryksbediening aangebied word in die vorm van wenke is, en nie onbuigsame reëls is nie, is dit steeds ’n goeie bron van verwysingsmateriaal wat ’n deel van elke gemeente se Koninkryksaalbiblioteek moet wees. Ouer nommers van Ons Koninkryksbediening kan egter nie by die Genootskap bestel word nie.