Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/92 bl. 7-8
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 4/92 bl. 7-8

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 6 Januarie tot 20 April 1992. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Onder die Mosaïese Wet is alle sondes en sondaars oor dieselfde kam geskeer. [siAF bl. 29 par. 34]

2. Die naam Numeri het betrekking op die telling van die volk by die berg Sinaï en later op die vlaktes van Moab. [siAF bl. 30 par. 2]

3. Hoewel Numeri die stempel van eerlikheid dra, het Moses sy eie tekortkominge verdoesel. [siAF bl. 31 par. 7]

4. Onder die Wetsverbond het sonde altyd vereis dat ’n offer ter versoening gegee word en dat ’n mens die sonde bely, daaroor berou het en die onreg so goed moontlik regstel. [siAF bl. 29 par. 32]

5. Die “luid uitgesproke beswering” was in werklikheid godslastering (Lev. 5:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 9/1 bl. 13.]

6. Die hoëpriester se offerande van ’n bul as sondoffer “vir hom en sy huis” het heengewys op Jesus se offerande soos aangewend vir “sy huis” van onderpriesters (Lev. 16:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 3/l bl. 28.]

7. Dit is altyd verkeerd om ’n broer rente te vra (Lev. 25:35-37). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 31.]

8. Die wette oor die reiniging van melaatses en besmette huise het ’n bewustheid van kieme weerspieël en het mense teen kontakbesmetting beskerm (Lev., hfst. 14). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF82 1/22 bl. 25.]

9. Die wonderdadige Sjekina-lig het tussen of bokant die gerubs op die deksel van die Verbondsark verskyn as simbool van God se teenwoordigheid in die Allerheiligste (Num. 7:89). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien kjAF bl. 159.]

10. Die Israeliete moes “fraiingrande” aan hulle klere maak om nie dieselfde mode as die Moabiete, Egiptenaars of ander te hê nie en om hulle daaraan te herinner dat hulle anders moes wees (Num. 15: 38-40, AW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 1/1 bl. 18.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Hoe verheerlik Levitikus Jehovah se naam? [siAF bl. 26 par. 9]

12. Watter priesterlike werk sal die Hoëpriester, Jesus Christus, en sy onder-priesters gedurende die Duisendjarige Heerskappy doen? [siAF bl. 30 par. 39]

13. Waaraan herinner die verbod op die eet van vet Jehovah se hedendaagse knegte? (Lev. 3:17). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 30.]

14. Wat het die sonde van Nadab en Abihu moontlik behels? (Lev. 10:1, 2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 30.]

15. Waarom het ’n kind se geboorte ’n vrou “onrein” gemaak? (Lev. 12:2, 5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 30-1.]

16. Waarom is enigiemand wat sy ouers “vloek” die doodstraf opgelê? (Lev. 20:9). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 31.]

17. Wat word bedoel met ‘tien vroue wat in een oond brood bak’? (Lev. 26:26). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 31.]

18. Waarom het Mirjam teen Moses gespreek vanweë sy Kusitiese vrou? (Num. 12:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 6/1 bl. 19-20.]

19. Watter belangrike feit het Korag veronagsaam? (Num. 16:1-3). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF79 3/8 bl. 14.]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

20. Moses het Levitikus in die jaar ․․․․․․․ geskryf. [siAF bl. 25 par. 4]

21. ’n Tema van ․․․․․․․ loop deur die hele Levitikus, wat hierdie vereiste meer as enige ander Bybelboek meld. [siAF bl. 26 par. 9]

22. Die vervulling van baie van die profetiese tipes word in ․․․․․․․ beskryf. [siAF bl. 29 par. 37]

23. Numeri dek die tydperk van ․․․․․․․ tot ․․․․․․․ v.G.J. [siAF bl. 30 par. 4]

24. In Numeri word Israel se ongehoorsame en weerspannige handelswyse gebruik om te beklemtoon hoe lewensbelangrik dit is ․․․․․․․. [siAF bl. 31 par. 9]

25. Die wette in Levitikus oor ․․․․․․․ openbaar ’n kennis van feite wat wêreldlike geneeskundiges eers duisende jare later verstaan het. [siAF bl. 26 par. 7]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Levitikus dek ’n periode van (40 jaar; een jaar; een maand). [siAF bl. 25 par. 3]

27. Moses het Numeri in (1513; 1512; 1473) v.G.J. voltooi. [siAF bl. 30 par. 4]

28. ‘Verootmoediging’ het heel waarskynlik verwys na (vas; selfkastyding; onthouding van enige ontspanning) (Lev. 16:1 29). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 31.]

29. Die feit dat ’n vrou se heup ‘ingeval’ het het in werklikheid beteken dat (sy opgehou het om Jehovah te dien; sy die gebruik van haar been verloor het; haar voortplantingsorgane weggekwyn het wat bevrugting onmoontlik gemaak het (Num. 5:21). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 6/1 bl. 19.]

30. “Die boek van die Oorloë van die Here” is (deur afvalliges geskryf; ’n betroubare geskiedenisverslag; ’n fiktiewe verslag van Bybelverhale) (Num. 21:14, 15b [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF87 6/1 bl. 20.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Lev. 2:11, 12; Lev. 17:10-14; Lev. 19:32; Num. 15:30, 31; Hebr. 13:11

31. Omdat bloed heilig is, mag dit in geen vorm in die liggaam ingeneem word nie [siAF bl. 29 par. 33]

32. Die karkasse van diere vir die sondoffer is op die Versoendag uit die kamp uitgeneem en verbrand. [siAF bl. 29 par. 38

33. Wanneer “heuning” na die sap van vrug te verwys het, kon dit gis, en dit sou derhalwe onaanneemlik as ’n offer wees [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 4/1 bl. 30.]

34. Respek vir die bejaardes was ’n volksbeleid in Israel. [Weeklikse Skrifgedeelte sien wAF87 6/1 bl. 5.]

35. Mense wat God se wet met opset en onberouvol geskend het, is tereggestel [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF91 4/15 bl. 15.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel