Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/92 bl. 6
  • Ligdraers”-streekbyeenkomste Vir 1992

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ligdraers”-streekbyeenkomste Vir 1992
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 4/92 bl. 6

Ligdraers”-streekbyeenkomste Vir 1992

1 Ons verskaf met genoeë ’n lys van datums en tale vir die “Ligdraers”-Streekbyeenkomste vir 1992. Hierdie byeenkomste sal as ’n groot aansporing dien en sal die hoogtepunt van ons teokratiese bedrywighede vir 1992 wees. Vanjaar sal elke gemeente per brief in kennis gestel word van watter byeenkoms hulle moet bywoon. Ons moedig julle almal aan om by hierdie reëling te bly. As die byeenkoms nie in jou taal gehou word nie, moet jy nie huiwer om ’n ander byeenkoms by te woon nie. Hierdie reëling word in werking gestel sodat verkondigers eweredig versprei kan word, aangesien sommige byeenkomsfasiliteite nou oorvol word, en ons wil graag hê dat almal so gemaklik moontlik moet wees.

2 Ons ondervind probleme om sprekers vir sommige byeenkomste te voorsien. Ons sal dit waardeer as bekwame ouere manne by een van die volgende byeenkomste kan help: (a) Engelse sprekers word benodig vir Oos-Londen, Gaborone en Manzini. (b) Engelse en Afrikaanse sprekers word benodig vir kaNyamazane (Nelspruit), Port Elizabeth en Windhoek. (c) Venda- en Tsongasprekers word vir Nkowankowa benodig. Skryf asseblief aan die Genootskap om ons oor jou planne in te lig. Jy moet jou brief aan die dienskomitee van jou gemeente gee. Hulle sal hulle opmerkings byvoeg, die brief onderteken en dit aan die kringopsiener stuur. Die kringopsiener sal sy aanbevelings byvoeg en die brief dan aan die Genootskap stuur. Jou brief moet die Genootskap NIE LATER NIE as 1 Augustus 1992 bereik.

3 Reëlings is vir die volgende byeenkomste getref:

27-29 November:

St. Helena (Engels)

11-13 Desember:

Empangeni (Zulu) (VOORLOPIG)

Gaborone, Botswana (*Engels, *Tswana)

Windhoek (tweetalige program in Afrikaans/Engels)

18-20 Desember:

Bloemfontein (tweetalige program in Afrikaans/Engels, *Suid-Sotho)

Kaapstad (*Afrikaans, *Engels, *Xhosa)

Oos-Londen (*Engels, *Xhosa) (VOORLOPIG)

Ongwediva (tweetalige progam in Kwanyama/Ndonga, dele in Portugees)

25-27 Desember:

Johannesburg (*Afrikaans, *Engels, dele in Grieks, *Portugees, *Suid-Sotho, *Zulu. Ons sal ook sessies in gebaretaal hê.)

Lebowa-kgomo (Sepedi)

Mafikeng (Tswana)

Maputo (*Portugees, *Tsonga)

Manzini (*Engels, *Zulu)

Newcastle (Zulu)

Pietermaritzburg (Zulu) (VOORLOPIG)

1-3 Januarie 1993:

Durban (*Engels, *Zulu) (VOORLOPIG)

KaNyamazane (tweetalige program in Afrikaans/Engels, *Zulu)

Maseru (dele in Engels, *Suid-Sotho)

Port Elizabeth (*Afrikaans, *Engels, *Xhosa)

Pretoria (*Afrikaans, *Engels, tweetalige program in Sepedi/Suid-Sotho, *Zulu)

Nkowankowa (*Tsonga, dele in Venda)

Umtata (Xhosa)

8-10 Januarie:

Inhambane (dele in Portugees, *Tsonga)

Xai-xai (Tsonga)

* Dui aan dat ’n volledige program in daardie tale aangebied sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel