Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/92 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 8/92 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawe kos R4,00. Oktober: Intekening op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei teen ’n bydrae van R17,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,60. (Engels: Die New World Translation saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R13,60.)

◼ Almal wat met ’n gemeente omgaan, moet hulle intekeninge op Die Wagtoring en die Ontwaak! deur die gemeente hernieu.

◼ Ons will alle pioniers (spesiale, gewone en hulppioniers) daaraan herinner dat hulle intekeninge, tydskrifte en lektuur slegs vir hulle eie gebruik teen die pioniertarief kan bekom. Soos in die Vraebus in Ons Koninkryksbediening vir April 1988 verduidelik is, moet alle verkondigers wat lede van ’n pionier se gesin is, hetsy kinders of volwassenes, hulle eie intekeninge, tydskrifte en lektuur teen die gewone verkondigertarief bekom. Die sekretaris moet toesien dat die bovermelde nagekom word elke keer wanneer intekeninge aan die Genootskap gestuur word.

◼ Ons het talle navrae ontvang oor kettingbriewe wat deur Getuies in Suid-Afrika en ook oorsee omgestuur word. Ons wil almal wat navraag gedoen het se aandag vestig op die Ontwaak! van 22 Augustus 1970, bladsy 8. Julle sal sien dat die Genootskap nie ten gunste van kettingbriewe is nie.

◼ Vanaf die week wat begin met 12 Oktober 1992 sal die boek Die grootste mens wat nog geleef het by die Gemeentelike Boekstudie bestudeer word.

◼ STREEKBYEENKOMSTE: Let asseblief op die volgende:

1-3 Januarie 1993:

Durban (Engels, Zulu). Dit is nou bevestig.

Die byeenkoms in Pietermaritzburg is gekanselleer. Die broers in die Pietermaritzburg-omgewing moet die byeenkoms in Durban bywoon.

◼ Gedurende Augustus sal elke gemeente twee afskrifte van die “Ontledingsrapport oor gemeente”-vorm (S-10) ontvang. Die dienskomitee moet toesien dat hierdie vorms noukeurig ingevul en voor 10 September 1992 aan die Genootskap teruggestuur word.

◼ Aan presiderende opsieners: Baie gemeentes betaal steeds bankkoste op hulle tjekrekening. In Suid-Afrika en in die meeste buurlande word godsdiensorganisasies van bankkoste onthef. As julle enige probleme ondervind nadat julle met julle bank in verbinding was, kan julle gerus aan die Genootskap skryf en die brief soos volg adresseer: Vir aandag: Tesouriersafdeling.

◼ Gemeentes kan nou die herdrukte Watchtower-bundels vir 1981 en 1982 bestel. Moet asseblief nie bestellings vir 1983 tot en met 1985 instuur voordat daar in Ons Koninkryksbediening aangekondig word dat hulle beskikbaar is nie.

◼ Uit voorraad in Suid-Afrika:

Tydskrifhouer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel