Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 4 Mei tot 24 Augustus 1992. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Wanneer ’n mens in die openbaar lees, maak goed geplaaste pouses ’n belangrike deel van beklemtoning uit. [sgAF bl. 30 par. 6]
2. Ons moet studeer met die doel om die stof vir latere toepassing, hetsy in ons eie lewe of in die veldbediening, te onthou. [sgAF bl. 36 par. 10]
3. Die doel van ’n uitgebreide woordeskat is om wêreldse mense se aandag daarop te vestig dat Jehovah se Getuies goed ingelig en bekwaam is. [sgAF bl. 55 par. 7]
4. Argeologie is die kragtigste getuienis ter stawing van die egtheid van Deuteronomium. [siAF bl. 37 par. 8]
5. Wanneer Numeri 35:16 sê: “As hy hom slaan met ’n ystervoorwerp in die hand”, beteken dit dat die voorwerp opsetlik as wapen gebruik is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF79 4/22 bl. 23.]
6. In Deuteronomium 1:17 is die een wat “groot” is blykbaar groot vanweë sy materiële besittings, geleerdheid of prestasies. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF77 bl. 250.]
7. Ons kan van Deuteronomium 19:21 aflei dat die doodstraf vir opsetlike moord ’n deel van die goddelike wet was. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF74 11/8 bl. 23.]
8. “Die geopenbaarde dinge” in Deuteronomium 29:29 het mettertyd al die inligting ingesluit wat in die Bybel opgeteken is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w87 5/15 bl. 31.]
9. Jehovah het gereël dat die stam van Juda ‘Jakob God se verordeninge leer en Israel God se wet’ (Deut. 33:10). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF88 8/15 bl. 11 par. 7.]
10. Die Gibeoniete het die oorblyfsel afgebeeld (Jos. 10:1-11). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 12/15 bl. 22 par. 8.]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Wat is die grootste probleem wat te bowe gekom moet word wanneer ’n manuskriptoespraak gehou word? [sgAF bl. 31 par. 9]
12. Hoe kan die tema van ’n toespraak bepaal word? [sgAF bl. 44 par. 2]
13. Wat beteken die naam Deuteronomium, en wat het hierdie boek Israel vermaan om te doen? [siAF bl. 36 par. 4]
14. Wat was die doel van die Urim en Tummim in Deuteronomium 33:8? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF86 1/15 bl. 8.]
15. Hoe sou God se Wet vir die Israeliete as ‘’n voorhoofsband tussen hulle oë’ dien? (Deut. 6:8). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF73 bl. 503.]
16. Hoe kan Jehovah se uitinge ons voed? (Deut. 8:2, 3). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF85 6/15 bl. 17 par. 15.]
17. Waarom het God se Wet in Deuteronomium 22:28, 29 gesê dat ’n Israelitiese man wat geslagsomgang gehad het met ’n maagd wat nie verloof was nie met haar moes trou en nooit van haar kon skei nie? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 11/15 bl. 31.]
18. Watter ooreenstemmende situasie sien ons vandag wanneer ons kyk na die bondgenootskap waarteen Israel te staan gekom het? (Jos. 9:1, 2). [Week-likse Skrifgedeelte; sien w86 12/15 bl. 22 par. 5.]
19. Wat wou Josua ons eerder in Josua 10:13 meedeel as om ’n wetenskaplike verklaring oor planetêre beweging te probeer maak? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF81 12/15 bl. 8.]
20. Watter twee oogmerke moet die aanvangsinne van ’n toespraak bereik? [sgAF bl. 46 par. 9]
Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Wanneer jy klaar is met die Bybellees, sal dit paslik wees om tyd te gebruik om ․․․․․․․ te doen indien party punte nie duidelik is nie. [sgAF bl. 35 par. 7]
22. Wanneer jy ’n toespraak voorberei, moet jy punte uitlaat wat nie waarlik tot jou ․․․․․․․ bydra nie. [sgAF bl. 41 par. 10]
23. Deur ons goed van ons taak te kwyt met die voorbereiding van elke toewysing op die Teokratiese Bedieningskool laat ons toe dat ons ․․․․․․․ word deur hierdie opvoedingsprogram wat Jehovah voorsien het. [sgAF bl. 43 par. 18]
24. Die ‘lewe wat geneem’ word, sou daarop neerkom dat ’n mens van jou ․․․․․․․ ontneem word (Deut. 24:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF84 7/15 bl. 25.]
25. Die Bybel voorsien ’n definisie van ․․․․․․․ in Numeri 35:20, 21. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF74 7/22 bl. 22.]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Dit is goed om vrae aan die huisbewoners te stel omdat dit (hulle meer geneë sal maak om te luister; hulle help om te sien dat hulle nie die antwoord ken nie; hulle help om te besef dat valse godsdiens hulle nie reg geleer het nie). [sgAF bl. 52 par. 12]
27. Die koperslang het heengewys na (Satan; Koning Dawid; Jesus) (Num. 21: 8, 9). [siAF bl. 35 par. 34]
28. Petrus haal uit (Levitikus; Numeri; Deuteronomium) aan om krag te verleen aan sy argument dat Jesus die Christus sowel as die Profeet groter as Moses is. [siAF bl. 40 par. 31]
29. Die boek Josua dek die tydperk vanaf (1513-1473; 1473-c. 1450; 1473-c. 1100) v.GJ. [siAF bl. 42 par. 5]
30. Om ‘met goeie gevolg te handel’, beteken om op te tree (volgens al die kennis van Egipte; met insig; op ’n versigtige wyse) (Jos. 1:8). [Weeklikse Skrifgedeelte;] sien wAF89 3/15 bl. 13 par. 10.]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Num. 21:5, 6; 23:23; 32:23; Deut. 12:24; Matt. 28:19
31. Met die oog op hierdie instruksies moet elke Christen sy onderrigvermoë verbeter. [sgAF bl. 49 par. 2]
32. Paulus het na hierdie teks verwys toe hy gewaarsku het dat ’n mens nie moet murmureer nie. [siAF bl. 35 par. 36]
33. As gevolg van hierdie verbod laat Jehovah se Getuies nie toe dat hulle eie bloed bewaar en later in hulle teruggetap word nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF89 3/1 bl. 30.]
34. Die beginsel hier is soortgelyk aan die in Galasiërs 6:7: “Want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF72 bl. 450.]
35. Jehovah se Getuies het geen vrees vir towery of beswerings nie, mits hulle enigiets verwerp wat met towery verband hou, wat gelukbringers of “muti” wat deur ’n toordokter voorberei is, insluit. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF70 11/22 bl. 7.]