Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/92 bl. 11
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 10/92 bl. 11

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Intekening op die Ontwaak! of Die Wagtoring of op albei tydskrifte teen ’n bydrae van R17,00 elk vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R8,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,60. (Engels: Die New World Translation saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R13,60.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?, Oorlewing tot in ’n nuwe aarde en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R2,60 elk.

◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1993 op hulle lektuurbestelvorm vir November begin bestel. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Sjinees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu.

◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief die Medical Directive (bygewerk en nuwe formaat) en die Identity Card so gou moontlik op die gewone lektuurbestelvorm (S-AB-14) moet bestel. Geldsendings moet die bestelling vergesel wanneer gemeentes se lektuurrekening ’n nadelige saldo het. Hierdie kaarte kos 5 sent elk. Moet asseblief nie hierdie kaarte uitdeel nie, maar hou hulle totdat julle verdere instruksies van die Genootskap ontvang.

◼ Let wel: Aangesien ons nou The Watchtower en die Awake! op kasset hier in Suid-Afrika vervaardig, is die pryse vir intekeninge soos volg gewysig:

Landpos Lugpos

Gesiggestremdes* R33,00 R43,00

Gemeente en publiek R154,00 R164,00

Pioniers (Slegs persoonlik) R137,00 R147,00

* ’n Sertifikaat word vir die blindes en gesiggestremdes vereis.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Chicheŵa: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe (Klein uitgawe; gemeente en publiek: R4,00; pioniers: R2,00). Engels: New World Translation of the Holy Scriptures—With References op disket (Stel van sewe 720-kilogreep-diskette met ’n deursnee van 3 1/2”. Gemeente en publiek: R40,00; pioniers: R33,00). Portugees: Insight on the Scriptures, Deel 3 (gemeente en publiek: R15,00; pioniers: R12,00).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel