Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/92 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1992
Ons Koninkryksbediening—1992
km 11/92 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R2,60. (Engels: Die New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R13,60.) Desember: Die grootste mens wat nog geleef het teen ’n bydrae van R8,00. Januarie: Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?, Oorlewing tot in ’n nuwe aarde en Wêreldwye veiligheid onder die “Vredevors” teen ’n bydrae van R2,60 elk. Februarie: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R8,00. Klein uitgawes kos R4,00.

◼ Sekretarisse moet die Pioneer Service Identification-kaartjies (S-202) slegs vervang vir pioniers wat in hulle gemeente intrek van gebiede af wat onder die toesig van die takkantoor in Suid-Afrika val. Let asseblief in hierdie verband op ons briewe van 23 Oktober 1989 en 1 April 1991. Voordat die S-206-vorm ingestuur word om die Genootskap te verwittig dat ’n pionier van die lys afgaan, moet die instruksies op die vorm ook asseblief noukeurig nagegaan en al die betrokke vrae beantwoord word.

◼ Gemeentes kan nou die herdrukte Watchtower-bundels vir 1983 en 1984 bestel. Moet asseblief nie die bundels ná 1984 bestel totdat daar in Ons Koninkryksbediening aangekondig word dat hulle beskikbaar is nie.

◼ Ons ontvang gereeld versoeke van broers wat geld by die Genootskap wil deponeer en dit wil onttrek wanneer hulle dit nodig het. Ongelukkig kan die Genootskap geen lenings aanvaar nie. Maar ons kan regstreekse bydraes en voorwaardelike bydraes aanvaar. As julle meer besonderhede oor die reëling vir voorwaardelike bydraes wil hê, kan julle die gemeentelike sekretaris nader of aan die Tesouriersafdeling by die plaaslike takkantoor skryf.

◼ Gemeentes kan nou die 1993-jaarteks bestel, wat teen R12,00 elk in Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu beskikbaar is. Die koste sal teen die lektuurrekening gedebiteer word. Gemeentes wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Ons stel voor dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1993 in hulle vergaderplek aangebring het.

◼ Gemeentes moet Ondersoek die Skrif elke dag—1993 van 1 Desember af saam met hulle gewone lektuurbestelling bestel. Die boekies sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Kwanyama, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zulu. Totdat hierdie boekies beskikbaar is en versend word, sal hulle as “Will Send Later” op gemeentelike fakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item en sal teen 85 sent elk teen die lektuurrekening gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1992 op die lys was, kan een gratis eksemplaar kry en bykomende eksemplare teen 55 sent elk bekom. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die Remittance and Credit Request-vorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui. Ons spoor elke gesinslid aan om ’n eksemplaar van hierdie boekie te hê. Dit moet deur die gemeente bestel word.

◼ Ons herhaal ’n aankondiging wat ’n paar jaar gelede in Ons Koninkryksbediening verskyn het. ’n Paar veranderinge is in die Paradys op aarde-boek aangebring. As jy ’n eksemplaar het wat voor 1990 gedruk is, moet jy asseblief van die volgende kennis neem: Daar is ’n verandering met betrekking tot die gedagte oor die Sodomiete wat op bladsy 178-80 bespreek word. Hierdie verandering het in die Openbaring-boek, bladsy 273, en in Die Wagtoring van 1 Junie 1988, bladsye 30-1, verskyn. As jy nog die vroeër uitgawe gebruik, moet jy asseblief hierdie verandering in jou eksemplaar aanbring om te verseker dat jy die korrekte inligting aan jou Bybelstudente oordra.

◼ Bethel het dringend die dienste van gekwalifiseerde petrol- of dieselwerktuigkundiges nodig. Enige broer wat sy dienste kan aanbied, moet asseblief so gou moontlik met die Genootskap in verbinding tree.

◼ Nuwe videokasset beskikbaar:

Engels: Purple Triangles (Die verhaal van die Kusserow-gesin, wie se ondervinding in Die Wagtoring van 1 September 1985 verskyn het. Dit is deur ’n Britse televisiestasie vervaardig en die Wagtoringgenootskap het die verspreidingsregte daarvan gekoop. Gemeente en publiek: R40,00; pioniers: R35,00.)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel