Teokratiese nuus
Angola: Merkwaardige groei word steeds gerapporteer. Daar was ’n hoogtepunt van 18 911 verkondigers in Julie, en 56 075 Bybelstudies is gehou.
Indië: Altesaam 12 169 verkondigers het in Julie gerapporteer, of 14 persent meer as verlede jaar se gemiddelde. ’n Hoogtepunt van 10 153 tuisbybelstudies is bereik.
Myanma: ’n Hoogtepunt van 1958 verkondigers is in Julie bereik.
Sao Tomé en Principe: ’n Hoogtepunt van 80 verkondigers het gedurende Julie aan die veldbediening deelgeneem. Die aantal Bybelstudies wat gehou word—382 in Julie—toon dat hierdie gebied inderdaad ryp is vir ’n ryk oes.
Suid-Afrika: Dit is baie aanmoedigend dat nog nege Koninkryksale toegewy is. Die betrokke gemeentes is: Ellisras, Lorraine (Port Elizabeth), Maclear, Makhamangeni (Port Alfred), Maseru-Suid, Palapye (Botswana), Phuthaditjhaba (Qwaqwa), Turfspruit (Potgietersrus) en Tshatshu (naby King William’s Town).