Diensvergaderinge vir Desember
LET WEL: Daar sal ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die byeenkomsmaande in Ons Koninkryksbediening verskyn. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die streekbyeenkoms asook ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte tydens die Diensvergadering die week ná die streekbyeenkoms. Die hersiening van elke dag kan voor die tyd aan twee of drie bekwame broers toegewys word wat sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die broers help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Kommentare van die gehoor en ondervindinge moet kort en saaklik wees.
Week wat begin met 7 Desember
15 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings in Ons Koninkryksbediening. Gee wenke oor hoe belangstelling gewek kan word in die tydskrifte wat ons hierdie naweek in die velddiens gaan aanbied. Kondig die reëlings aan wat die ouere manne getref het sodat jongmense gedurende die skoolvakansie aan die bediening kan deelneem. Indien daar enige skoolgaande verkondigers is wat gedurende Desember aan die hulppionierdiens deelneem, kan ’n onderhoud met een of twee gevoer word. Moedig almal in die gemeente aan om hierdie jongmense te ondersteun en saam met hulle te werk. Moedig al die verkondigers aan om hulle rapport in die rapportebussie te sit voordat hulle weggaan, aangesien baie aan die einde van Desember met vakansie of by ’n byeenkoms sal wees.
15 min: “Spoor ander aan om die oog op Jesus gevestig te hou.” ’n Aanmoedigende toespraak wat bespreek hoe waardevol die Grootste mens-boek is om mense te help om ware aanbidding aan te neem.
15 min: Het jy reeds jou reëlings getref om die streekbyeenkoms by te woon? Geesdriftige bespreking tussen ’n ouere man en ’n bedieningskneg. (Gebruik broers wat die byeenkoms saam met die plaaslike gemeente gaan bywoon.) Bespreek die redes waarom ons byeenkomste bywoon (Deut. 31:12, 13). Almal moet aandagtig luister met die doel om te sien hoe hulle die inligting persoonlik en in die velddiens kan gebruik. Maak weer eens seker dat almal vervoer het. Daar is ’n paar vermanings wat almal in gedagte moet hou. Niemand moet planne maak om tydens die byeenkoms tot laat in die nag aan ontspanning deel te neem nie, aangesien ons almal genoeg rus nodig het. Ons moet vasbeslote wees om ’n getuienis te gee. Vir wie? Mense wat ons op openbare vervoer en by vulstasies, restaurante, hotelle, ensovoorts teëkom. Berei voor deur genoeg lektuur te hê om aan te bied vir mense met wie ons sal gesels terwyl ons met vakansie is en ’n byeenkoms bywoon. (Kan ook gepaste herinnerings insluit uit die bylae in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1992.)
Lied 205 en slotgebed.
Week wat begin met 14 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Sluit die rekeningverslag en erkenning van bydraes in. Prys die gemeente vir hulle milddadige ondersteuning van plaaslike behoeftes sowel as die Genootskap-Koninkryksaalfonds en die Genootskap se wêreldwye werk. Na gelang van die tyd kan gekose ondervindinge vertel word oor hoe die Grootste mens-boek gebruik is om mense te help om ware aanbidding aan te neem. Kondig die spesiale reëlings vir die getuieniswerk op 25 Desember aan.
20 min: “Maak die juiste kennis aangaande Jesus Christus bekend.” Vrae en antwoorde. Demonstreer die gebruik van die Grootste mens-boek volgens die wenke in paragraaf 2.
15 min: “Hou aan praat oor die dinge wat jy gesien en gehoor het.” Toespraak. Sluit gekose ondervindinge in van jongmense wat as hulppioniers dien of diegene wat die skoolvakansie benut het om ’n groter deelname aan die bediening te hê.
Lied 71 en slotgebed.
Week wat begin met 21 Desember
8 min: Plaaslike aankondigings; kondig ook die spesiale reëling vir getuieniswerk op 1 Januarie aan. Gee een of twee wenke vir gesprekspunte wat hierdie naweek in die velddiens in ons inleidings gebruik kan word.
15 min: “Lê goeie oordeel aan die dag wanneer jy gedurende die vakansie na belangstellendes teruggaan.” Bespreking met gehoor. Demonstreer punte in paragrawe 3 en 4.
10 min: Vraebus. Toespraak deur ouere man.
12 min: Onderhoude met jong verkondigers. Lei hierdie deel in deur te meld hoeveel skoolgaande jongmense daar in die gemeente is. Hoeveel van hulle is gedoop? Hoeveel dien as ongedoopte verkondigers? Kan ook velddienssyfers meld om te toon wat die jongmense bereik. Prys hulle waar dit gepas is. Nooi dan ’n paar voorbereide jongmense om te verduidelik hoe hulle hulle daarop toegelê het om ongedoopte verkondigers te word en waarom hulle die velddiens geniet en ’n groter deelname daaraan wil hê. Wat is hulle doelwitte vir die toekoms? Diegene met wie daar ’n onderhoud gevoer word, moet hulle eie positiewe gedagtes uitspreek en nie gedagtes wat hulle gevra is om uit te spreek nie.
Lied 128 en slotgebed.
Week wat begin met 28 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Demonstreer hoe die lektuur gebruik kan word wat in Januarie plaaslik aangebied gaan word.
10 min: “Oefen jou met godvrugtige toegewydheid as jou doel.” Aanmoedigende toespraak deur die Teokratiese Bedieningskoolopsiener. Gee ’n goeie verduideliking van hoe Toespraak nr. 2 gehou moet word, en herinner diegene wat die Bybelglanspunte behartig daaraan om nie breedvoerige kommentare te lewer oor die gedeelte in die Bybel wat vir Toespraak nr. 2 aangewys word nie.
13 min: “Jy kan vertroosting vind in tye van benoudheid” (wAF92 7/15 bl. 19-22). Aanmoedigende toespraak deur ouere man.
12 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 103 en slotgebed.