Teokratiese nuus
Australië: ’n Hoogtepunt van 57 272 verkondigers is in Augustus bereik, en dus is die diensjaar afgesluit met 1541 verkondigers meer as hulle vorige hoogtepunt. ’n Hoogtepunt van 31 712 Bybelstudies is gerapporteer.
Ciprus: In Augustus is die agtste verkondigershoogtepunt vir die diensjaar, naamlik 1433, bereik. Dit was ’n vermeerdering van 9 persent oor verlede jaar se gemiddelde.
Dominikaanse Republiek: In Augustus het 15 418 gerapporteer, ’n vermeerdering van 20 persent in verkondigers in vergelyking met die vorige diensjaar. Meer as 20 persent van die verkondigers is in die voltydse diens.
Ghana: ’n Vermeerdering van 18 persent oor verlede jaar se gemiddelde aantal verkondigers is in Augustus bereik, met 37676 wat gerapporteer het.
Puerto Rico: ’n Hoogtepunt van 25 315 verkondigers het in Augustus gerapporteer.
Suid-Afrika: Die volgende Koninkryksale is teen die einde van 1992 voltooi: KaNyamazane-Sentraal (naby Nelspruit), Katlehong (naby Alberton—hierdie dubbele Koninkryksaal is oor drie naweke in Oktober gebou en sal deur vier gemeentes gebruik word), Meyerton (nog ’n “snelbou”-Koninkryksaal), asook Cala en Lugangeni in die Transkei.
Gedurende die 1992-kalenderjaar is 34 Koninkryksale aan Jehovah toegewy. Dit is die meeste wat ooit in een jaar in Suid-Afrika toegewy is. Ons bedank almal vir hulle goeie ondersteuning in hierdie verband. Laat ons hierdie uitstekende tempo behou en aanhou om op Jehovah te vertrou in alles wat ons onderneem.
Togo: In Augustus is ’n vermeerdering van 28 persent in verkondigers oor verlede jaar se gemiddelde bereik. Die diensjaar is afgesluit met 7100 verkondigers wat gerapporteer het. Daar is 728 nuwelinge gedurende die jaar gedoop.