Teokratiese nuus
Gaboen: ’n Hoogtepunt van 1255 verkondigers is in November bereik. Gemeentelike verkondigers het gemiddeld 17 uur in die veldbediening deurgebring.
Jamaika: Die eerste Byeenkomssaal in Jamaika is op 7 November 1992 toegewy, met 4469 wat dit bygewoon het.
Rwanda: Van die 182 wat gedurende Januarie in Kigali by die “Ligdraers”-Streekbyeenkoms gedoop is, het 149 aansoek gedoen om as hulppioniers te dien. Die opkomshoogtepunt was 4498.
Suid-Afrika: Lede van Jehovah se volk in Lydenburg was op 13 Maart baie ingenome met die toewyding van hulle nuwe Koninkryksaal. Twee Streekboukomitees het vriendelik gereël dat vrywilligers uit hulle streke met die belangrikste aspekte van die projek help. Dit het tot ’n wonderlike gees op die bouterrein bygedra.