Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/93 bl. 5-6
  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1993
Ons Koninkryksbediening—1993
km 8/93 bl. 5-6

Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 3 Mei tot 23 Augustus 1993. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysings na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer he nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onvoaar is:

1. Die voorspelling, wat 300 jaar vooruit gemaak is, dat Josia Jerobeam se altaar in Bet-el uitmekaar sou skeur, het ’n merk-waardige vervulling gehad. [si-AF bl. 68 par. 25]

2. Tweede Konings dek die tydperk van Salomo se heerskappy in 1037 v.G.J. tot ca. 580 v.G.J. [si-AF bl. 69 par. 2]

3. Nadat ’n mens ’n Bybelteks gelees het, is dit gewoonlik voldoende om die teks net te bespreek wanneer jy die toepassing maak. [sg-AF bl. 129 par. 20]

4. Hoewel herhaling ’n essensiele onderrig-tegniek is, kan onnodige herhaling ’n toespraak langdradig en oninteressant maak. [sg-AF bl. 131 par. 11]

5. Wanneer jy dit onder die knie kry om van ’n skets af te praat, het jy al goeie vor-dering as ’n openbare spreker gemaak. [sg-AF bl. 140 par. 10]

6. Dit is nie moontlik om die lees van para-grawe na ex tempore-spraak te laat klink nie. [sg-AF bl. 146 par. 21]

7. Beklemtoning behels dat die woorde wat die gedagte weergee, raakgesien moet word en dat ’n mens hulle dan sterk teen die omliggende woorde laat afsteek. [sg-AF bl. 159 par. 3]

8. Ooggrimering was in Bybeltye iets on-bekends. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gAF-78 9/22 bl. 14.]

9. Argeologiese getuienis verleen sterk steun aan die Bybelverslag in 2 Konings 17:6-18 oor die Assiriese vernietiging van die noordelike koninkryk van Israel.

[Weeklikse Skrifgedeelte; sien gm-AF bl. 47.]

10. Dawid se woorde in 1 Kronieke 16:31 toon dat hoewel Jehovah se heerskappy van die begin van die skepping af dateer hy soms sy heerskappy op ’n bepaalde manier laat geld het sodat daar gese kan word dat hy op ’n spesifleke tyd ’koning geword’ het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-85 12/15 bl. 11.]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Hoe kan jy die sleutelgedagtes beklem-toon wanneer ’n huisbewoner ’n teks lees? [sg-AF bl. 128 par. 13]

12. Wat moet ’n spreker doen as hy met aan-wensels by gebare sukkel? [sg-AF bl. 133 par. 20]

13. Wat kan jy doen om ’n gebrek aan vlot-heid by lees reg te stel? [sg-AF bl. 143 par. 7]

14. Waarom is Kronieke geskryf? [si-AF bl. 75 par. 2]

15. Wat is ’n basiese metode om ’n logiese argument, of redenasie, te ontwikkel? [sg-AF bl. 151 par. 11]

16. Wat was “die Getuienis“ in 2 Konings 11:12? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-91 2/1 bl. 31.]

17. Hoe is die koning van Assirie in ooreen-stemming met 2 Konings 19:32, 33 ge-keer om in Jerusalem in te kom? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-88 2/15 bl. 28.]

18. Wat kan ons uit Dawid se ondervinding met Hanun in 1 Kronieke 19:2-4 leer? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w-73 bl. 478.]

19. Hoe help die 24 priesterlike afdelings ons om die identiteit van die “ouderlinge“ te verstaan waarvan daar in Openbaring 4:4 melding gemaak word? (1 Kron. 24:4) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-73 bl. 168.]

20. Hoe is 1 Kronieke 29:5 vandag van toe-passing op Jehovah se volk? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-90 7/1 bl. 31.]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Elke toespraak moet ․․․․․․․ he ten einde rigting daaraan te gee en die dele daarvan op ’n aangename wyse saam te snoer. [sg-AF bl. 133 par. 1]

22. ’n Bedrewe spreker verloor nie ․․․․․․․ met die gehoor deur te veel of op die verkeerde tydstip na sy notas te kyk nie. [sg-AF bl. 138 par. 1]

23. Om te toon dat Jehovah geen oneer-biedigheid teenoor sy amptelike knegte duld nie, het hy gou afgereken met die deugniete wat ․․․․․․․ as die profeet van Jehovah bespot het. [si-AF bl. 74 par. 34]

24. As die spreker staan jy altyd onder die

verpligting om die vraag ․․․․․․․ te kan beantwoord. [sg-AF bl. 155 par. 7]

25. Mattheiis en Lukas het die geslagsregisters van ․․․․․․․ gebruik om duidelik te bewys dat Jesus die Messias was. [si-AF bl. 78 par. 23]

26. In die meeste toesprake vereis samehang ․․․․․․․ van een punt na die ander. [sg-AF bl. 149 par. 2]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

27. Nadat jy die tema van jou toespraak be-paal het, is die volgende stap om die (tekste; nlustrasies; hoolpunte) te kies wat jy wil gebruik. [sg-AF bl. 135 par. 9]

28. Om ’n gemeenskaplike grondslag in ’n toespraak te behou, moet jy (baie duidelik praat; die gehoor se beskouing in gedagte hou; geesdriftig wees). [sg-AF bl. 156 par. 17]

29. “Die twintigste jaar van Jotam“ beteken die 20ste jaar van (sy lewe; sy werklike heerskappy; die tydperk wat verstryk het sedert hy koning geword het). (2 Kon. 15:30) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien mAF-80 12/1 bl. 26.]

30. Diegene wat ’na Dawid gekom het om horn te help’, het (selfsugtige beweegre-des gehad; besluit om Dawid se koning-skap van ganser harte te ondersteun; die maklike uitweg gekies). (1 Kron. 12:22) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-83 5/15 bl. 18.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

1 Kon. 22:19-22; 2 Kon. 1:2, 7, 8; 5:1-5; 25: 27-30; 1 Kron. 9:26, 27

31. Ons kleredrag kan ons met ’n sekere groep of klas identifiseer. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien mAF-73 bl. 186.]

32. Die Levitiese deurwagters se amp was ’n unieke pand. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-88 12/1 bl. 21.]

33. Hoewel ouere manne moontlik meen hulle weet hoe om situasies te hanteer, moet hulle uit Jehovah se voorbeeld leer en luister na wat ander se en dit ter harte neem. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-74 bl. 450.]

34. Die argeologie ondersteun die feit dat ’n Judese koning wat in Babilon gevange gehou was uiteindelik vrygelaat en ’n rantsoen voedsel gegee is. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien gm-AF bl. 48.]

35. Kinders kan volwassenes tot optrede aanspoor. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien wAF-74 bl. 414.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel