Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/93 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1993
Ons Koninkryksbediening—1993
km 8/93 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Augustus en September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50. November: Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R3,00. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures saam met die boek The Bible—God’s Word or Man’s? teen ’n bydrae van R15,00.)

◼ Elke gemeente sal drie Lektuurinventaris-vorms (S-AB-18) ontvang. Die gemeentelike sekretaris en die lektuurkneg moet vroeg in Augustus op ’n datum aan die einde van die maand besluit sodat hulle ’n inventaris van die gemeente se lektuurvoorraad kan opstel. Al die lektuur in voorraad moet getel word, en die totale moet op die Lektuurinventaris-vorm ingevul word. Die aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg gekry word. Pos asseblief die oorspronklike vorm voor 6 September aan die Genootskap. Hou ’n afskrif vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris gekontroleer word, en die ingevulde vorm moet deur die presiderende opsiener nagegaan en geteken word.

◼ Verkondigers wat beplan om op 1 September 1993 met gewone pionierdiens te begin, moet onmiddellik aansoek doen. Aansoeke moet voor die einde van Augustus aan die Genootskap gestuur word. Hersien asseblief paragrawe 21 tot 26 van die bylae tot Ons Koninkryksbediening vir Augustus 1986.

◼ Die gemeentelike sekretaris sal die diensrapport saamstel wat op die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-10) ingevul moet word. Hy sal ook enige ouere man of bedieningskneg wat dalk help om die rapport saam te stel deeglik oplei. Dit sal ’n akkurate tabulering verseker van die nodige inligting op die “Verkondigersverslag”-kaarte (S-21). Die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-10) moet akkuraat en netjies ingevul en noukeurig deur die dienskomitee nagegaan word.

◼ Lapelkaarte vir die 1993-streekbyeenkoms moet bestel word, en gemeentes se lektuurrekening sal met sewe sent per kaart gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Plaas julle bestelling asseblief op die gewone lektuurbestelvorm (S-AB-14). Hierdie bestelling moet die Genootskap voor 1 November 1993 bereik. Daarna sal ons nie bestellings vir lapelkaarte behartig nie.

◼ NEEM ASSEBLIEF KENNIS: Die datum vir die streekbyeenkoms op St. Helena is na 4-7 November 1993 verander.

◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief hulle “Advance Medical Directive/Release” en “Identity Card” so gou moontlik op die gewone lektuurbestelvorm (S-AB-14) moet bestel. Gemeentes wat ’n nadelige saldo het, moet kontant saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos tien sent elk en die “Identity Card” kos sewe sent. Moet asseblief nie hierdie kaarte uitdeel nie, maar hou hulle totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.

◼ Nuwe publikasies beskikbaar:

Tsonga: Sing lofliedere voor Jehovah (Klein uitgawe; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,00).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel