Die program vir die nuwe Spesiale Byeenkomsdag
1 Ons studie van Die grootste mens wat nog geleef het het ons waardering vir Jesus Christus vergroot. Die program vir die Spesiale Byeenkomsdag wat in September begin, sal heel gepas die tema “Volg ons Groot Voorbeeld noukeurig na” ontwikkel, wat ons sal help om beter te verstaan wat dit beteken om hom na te volg.
2 Almal wat die byeenkoms bywoon, sal, ongeag hul ouderdom of die aantal jare in die waarheid, aangemoedig word om meer soos Christus te wees. ’n Deel van die program sal raad spesiaal vir jongmense bevat. Dit sal hulle toerus om uitdagings in verband met geleerdheid, vermaak en materialisme die hoof te bied. Daar sal toesprake, ondervindinge en demonstrasies wees wat sal beklemtoon hoe jy die wêreld se invloed kan weerstaan en jou na Christus se voorbeeld kan vorm.—1 Pet. 2:21.
3 Persone wat hulle pas toegewy het, sal deur gedoop te word die geleentheid hê om in die openbaar bekend te maak dat hulle volgelinge van Christus is. ’n Gedagteprikkelende, skriftuurlike bespreking oor die onderwerp sal die doopplegtigheid voorafgaan. Diegene wat by die Spesiale Byeenkomsdag gedoop wil word, moet hulle begeerte vroegtydig aan hulle presiderende opsiener bekend maak sodat hy kan reël dat ouere manne die voorgeskrewe vrae vir doopkandidate met hom kan bespreek.
4 ’n Gasspreker sal die hooftoespraak hou met die titel “Ons volg ons Groot Voorbeeld na—Wat hou dit vir ons in?” Nooi gerus alle belangstellendes na hierdie bemoedigende en geloofversterkende program. Daar kan nie ’n beter of lonender weg wees as om ons Groot Voorbeeld, Jesus Christus, na te volg nie.—Matt. 19:27-29.