Help skaapgeaarde mense om op ’n soliede fondament te bou
1 Dit verg noukeurige beplanning en kragtige inspanning om ’n huis te bou. Nadat die huis ontwerp is, moet die bouperseel voorberei en ’n soliede fondament gelê word. Die projek neem op progressiewe wyse vorm aan totdat dit uiteindelik voltooi is. Net so moet ons skaapgeaarde mense help om die waarheid op progressiewe wyse te leer. Ons probeer om met die eerste besoek belangstelling aan te wakker. Daarna doen ons herbesoeke, waartydens ons die fondament lê deur mense die grondwaarhede oor God en sy voorneme met die mensdom te leer.—Luk. 6:48.
2 Voordat ons egter die fondament kan lê, moet ons as ’t ware die bouperseel voorberei deur die huisbewoner se omstandighede in ag te neem. Watter onderwerp is vantevore bespreek? Watter tekste is gebruik? Wat was die huisbewoner se reaksie? Watter publikasie is by hom gelaat? Hou spesifieke punte in gedagte wanneer jy die herbesoek doen en bou die fondament op ’n progressiewe wyse. Met elke besoek neem die huisbewoner se kennis en sy geloof in God toe.
3 As ’n “Paradys op aarde”-boek by die huisbewoner gelaat is, kan jy sê:
◼“Ek is só bly om u tuis te vind. U sal onthou dat ons met ons vorige bespreking die plaaslike afname in belangstelling in God bespreek het. Die Bybel sê duidelik dat God in die mensdom belangstel en dat regverdiges deur middel van sy Koninkryk geseën sal word. [Lees Mattheüs 6:9, 10.] Deur middel van hierdie Koninkryk sal regverdigheid en geregtigheid seëvier.” Lees Jesaja 11:3-5 en vestig dan die huisbewoner se aandag op die eerste twee paragrawe van hoofstuk 1 in die Paradys op aarde-boek. Demonstreer hoe die materiaal bestudeer kan word.
4 As die huisbewoner die traktaat Vreedsame Nuwe Wêreld met die eerste besoek geneem het, kan die hoofpunte wat vantevore bespreek is, hersien word, naamlik hoe nodig ons beter toestande en die Bybel se beloftes het. Beklemtoon dat ons juiste kennis moet inneem as ons in die nuwe wêreld wil lewe. Lees Johannes 17:3. Verduidelik dat ons God se wil moet doen nadat ons sulke kennis ingeneem het. Lees 1 Johannes 2:17. Vestig die huisbewoner se aandag op spesifieke punte op bladsy 5 van die traktaat.
5 As jy met die eerste besoek oor die gesinslewe gepraat het toe jy die “Paradys op aarde”-boek by die huisbewoner gelaat het, kan jy sê:
◼“Met my vorige besoek het ons oor die gesinslewe gepraat. Ons het saamgestem dat ons die riglyne in die Bybel moet volg as ons ’n gelukkige gesinslewe wil hê. Wat dink jy is nodig om ’n gelukkige gesinslewe te geniet?” Laat die huisbewoner antwoord. Beklemtoon spesifieke punte uit die informasie op bladsye 243-6 in die Paradys op aarde-boek. Vra die huisbewoner se kommentaar oor die prente en bespreek punte wat gepas is. Beklemtoon die praktiese waarde van Bybelbeginsels.
6 As die traktaat Put genot uit jou gesinslewe by die huisbewoner gelaat is, kan jy die belangrikste Bybelbeginsels hersien wat op bladsye 4 en 5 uiteengesit word. Bied dan die Paradys op aarde-boek aan. Blaai na hoofstuk 29, “Hoe om ’n gelukkige gesinslewe te geniet”, en wys hoe dit met die huisbewoner en sy gesin bespreek kan word.
7 Ons moet almal gereeld herbesoeke doen. Gaan terug na alle belangstellendes deur gedurende September doeltreffende herbesoeke te doen.