Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/94 bl. 8
  • Gaan terug na diegene wat tydskrifte geneemhet

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gaan terug na diegene wat tydskrifte geneemhet
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Verkondig die goeie nuus van die koninkryk met brosjures
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die brosjures te gebruik om studies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 4/94 bl. 8

Gaan terug na diegene wat tydskrifte geneemhet

1 Jesus het sy volgelinge aangespoor om hulle daarop toe te lê om dissipels te maak (Matt. 28:19). Dit beteken meer as net die verspreiding van lektuur; ons wil mense help om geestelik vordering te maak. Om dit te doen, moet ons teruggaan om diegene wat belangstelling getoon het verder te help.

2 As jy met jou eerste besoek die aandag op ’n artikel in een van die tydskrifte gevestig het, sal dit goed wees om dieselfde onderwerp te bespreek wanneer jy teruggaan:

◼ “Tydens my vorige besoek het ek jou aandag op ’n artikel in Die Wagtoring (of die Ontwaak!) gevestig wat ons gehelp het om te sien hoe belangrik dit is dat ons die Bybel ondersoek. God se voorneme van ’n beter toekoms vir die mens gaan deur middel van sy Koninkryksregering verwesenlik word. Sy belofte dat hierdie Koninkryk ’n einde aan alle oorloë sal maak, is in Miga 4:3, 4 opgeteken.” Nadat jy die teks gelees het, kan jy die “Kyk!”-brosjure uithaal en vir die huisbewoner die prent op die voorblad wys. Bespreek die eerste paragraaf en die teksverwysings vir daardie paragraaf, en meld dat Miga 4:3, 4 een van hierdie tekste is. Tref reëlings om terug te gaan om die gesprek van paragraaf 2 af voort te sit.

3 As dit lyk asof die huisbewoner nie soveel belangstel nie of as hy nie tyd het om te gesels nie, kan jy net sy naam by jou tydskrifroete voeg:

◼ “Aangesien jy belangstelling getoon het in die tydskrifte wat ek voorheen by jou gelaat het, het ek gedink dat jy die jongste nommers sal geniet. Ek is seker jy sal hierdie artikel veral interessant vind.” Vestig die huisbewoner se aandag op ’n artikel waarvan jy dink hy sal hou. Bied aan om met die volgende nommers terug te keer.

4 Party huisbewoners verkies om die tydskrifte eers te lees voor hulle besluit of hulle daarop wil inteken of nie. In so ’n geval kan jy die volgende benadering gebruik:

◼ “Aangesien dit lyk asof jy dit geniet om Die Wagtoring en die Ontwaak! te lees, is dit vir my ’n plesier om die jongste nommers te bring sodra hulle verskyn. As jy wil, kan ek reël dat dit gereeld deur die pos na jou toe gestuur word sodat jy seker kan wees dat jy elke nommer ontvang. ’n Intekening op albei tydskrifte is R38,00, en jy sal 48 nommers deur die loop van die jaar ontvang.” Party huisbewoners verkies dalk om net op een tydskrif teen R19,00 in te teken, terwyl ander weer verkies om eers ses maande lank teen R9,50 in te teken.

5 As die huisbewoner tydens die eerste besoek ’n intekening aanvaar het, is dit belangrik om so gou moontlik terug te gaan om sy belangstelling verder aan te wakker en ’n Bybelstudie te begin.

As jy die “Regering”-brosjure gebruik om te demonstreer hoe die materiaal bestudeer kan word, kan jy iets sê soos:

◼ “Kyk wat sê bladsy 3 vir ons oor die tema van Jesus se predikingsboodskap toe hy op die aarde was.” Bespreek dan kortliks die gedagtes op bladsy 3. Vra die huisbewoner wat hy dink hy moet doen om meer te leer. Sê dan: “Dit is belangrik dat ons verstaan waarom ons God se Koninkryk só nodig het. Ek sal graag wil terugkom en met jou wil gesels oor waarom ons op God se regering as ons enigste hoop moet vertrou.”

6 Selfs al stel die huisbewoner nie in ’n Bybelstudie belang nie, kan jy aanbied om gereeld met die jongste nommers van dietydskrifte terug te keer tot hy sy intekening begin ontvang. Gaan terug na almal wat tydskrifte geneem het en moedigopregtes aan om meer oor die dinge teleer wat Jesus beveel het.—Matt. 28:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel