Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/94 bl. 8
  • Bied die beste tydskrifte ter wêreld aan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die beste tydskrifte ter wêreld aan
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied intekeninge van huis tot huis aan
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soek diegene wat die regte gesindheid het
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Die Wagtoring en die Ontwaak!—tydige tydskrifte van waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 4/94 bl. 8

Bied die beste tydskrifte ter wêreld aan

1 Die verklaarde doel van Die Wagtoring is “om Jehovah God as Soewereine Heer van die heelal te verheerlik”. Die Ontwaak! is “vir die voorligting van die hele gesin. ... Hierdie tydskrif bou bowenal vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld.” Hierdie aanhalings kom uit die tydskrifte self. Die feit dat hulle hierdie doelwitte nastrewe, het hulle ’n bron van vertroosting vir miljoene lesers gemaak.

2 Ons gaan hierdie tydskrifte gedurende April en Mei in ons bediening aanbied. Om dit op ’n doeltreffende wyse te doen, moet ons met hulle inhoud goed vertroud wees. Lees elke nommer en let op punte wat jy kan gebruik wanneer jy hulle aanbied. Dink aan dinge waaroor mense hulle bekommer. Watter maatskaplike, gesins- of emosionele vraagstukke veroorsaak die grootste bekommernis vir die meeste van jou bure? Probeer aan iets dink wat jy kan sê wat hulle hart sal raak en ’n begeerte sal wek om meer te wete te kom.

3 Gebruik Die Wagtoring van 1 April: Die meeste mense smag na ’n beter wêreld, ’n wêreld wat vry is van die baie probleme wat hulle alte dikwels nou van hulle vreugde beroof.

Nadat jy jou bekend gestel het, kan jy sê:

◼ “Ek wil jou graag ’n interessante kommentaar in hierdie artikel ‘’n Beter wêreld—Net ’n droom?’ wys. Dit sê: ‘Hierdie wêreld, ons wêreld, is beslis nie ’n ideale plek nie. ... Die lys van hedendaagse ellendes is klaarblyklik eindeloos.’ Hierdie situasie maak dit moeilik om optimisties oor die toekoms te wees, nie waar nie? Maar kyk wat sê Psalm 37:11 oor die toekoms.” Nadat jy die vers gelees het, kan jy die huisbewoner vra wat hy van hierdie belofte dink. As hy gunstig reageer, blaai dan na die artikel “’n Beter wêreld—Op hande!”, op bladsy 4, en sê: “Verskeie tekste word aangegee, onder andere die een wat ons so pas in Psalm 37:11 gelees het. Ek is seker jy sal dit geniet om hierdie artikels te lees en die verwysings in jou Bybel na te slaan. Ek sal graag wou reël dat jy hierdie tydskrif per pos ontvang deur daarop in te teken teen ’n bydrae van slegs R19,00 per jaar.” Waar die huisbewoner nie wil inteken nie, kan jy die twee tydskrifte teen ’n bydrae van R1,60 aanbied.

4 Gebruik Die Wagtoring van 15 April: Die artikel op bladsy 4 vra: “Waar kan jy betroubare leiding vind?”

Nadat jy jou bekend gestel het, kan jy sê:

◼ “Daar is vandag soveel probleme in die wêreld, soos [noem iets waaroor die gemeenskap tans bekommerd is of wat hoofnuus is]. Dit laat ons wonder of enigiemand ooit ’n uitweg uit hierdie verknorsing sal kan vind. Gelukkig verseker 2 Timotheüs 3:16,17 ons dat die Bybel ’n rigsnoer tot ’n gelukkige en veilige lewenswyse is.” Nadat jy hierdie verse gelees het, kan jy aan die huisbewoner toon hoe Die Wagtoring ons help om te verstaan waarom die Bybel ’n betroubare rigsnoer is. Bied die intekening aan soos in paragraaf 3 aan die hand gegeeword.

5 Indien jy verkies om die Ontwaak! aan te bied, kan jy die nommer van 8Mei en die artikel “Ware hoop vir die kinders” gebruik. Jy sal ongetwyfeld vind dat die behoeftes van kinders ouers na aan die hart lê en dat hulle graag wil weet wat gedoen kan word om hulle kinders te help. Bied gerus ’n intekening op albei tydskrifte aan teen ’n bydrae van R38,00.

6 As ons geesdriftig is oor ons tydskrifte, wat die beste ter wêreld is, sal ons gretig wees om hulle in ander se hande te kry sodat hulle ook die Koninkrykshoop kan aanneem en saam met ons Jehovah as die Soewereine Heer van die heelal kan verheerlik.—Ps. 83:18,NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel