Diensvergaderinge vir Mei
Week wat begin met 2 Mei
5 min: Plaaslike aankondigings en spesifieke Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Hersien enige reëlings om velddiensbedrywighede uit te brei.
15 min: Koninkryksaalbouwerk. Bespreking tussen twee ouere manne. Hersien die inligting oor die prosedure waarvolgens aansoekvorms vir vrywilligerdiens ingevul word as iemand kwalifiseer om met Koninkryksaalbouwerk te help. Beklemtoon (1) die twee kategorieë van diegene wat kwalifiseer om aansoekvorms vir vrywilligerdiens in te gee en (2) dat alle vrywilligers, onder andere ook diegene wat vantevore hulle hulp aangebied het, een van die nuwe vorms moet invul. Hersien dan hoogtepunte van die Streekboukomitees se werk op bladsye 322-8 van die boek Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk.
10 min: “Moet ek gedurig verander?” Bespreking tussen twee ouere manne. Beklemtoon die voordele van gereelde deelname aan die velddiens.
15 min: “Gebruik die tydskrifte om die waarheid te verkondig.” Bespreek met gehoor. Verduidelik wat ons tydskrifte anders maak en waarom dit ons moet motiveer om hulle by elke geleentheid aan te bied. Reël twee kort demonstrasies.
Lied 128 en slotgebed.
Week wat begin met 9 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Ons moet na geleenthede soek om intekeninge te kry. Ons kan hulle vir diegene aanbied wat in die verlede die tydskrifte gereeld geneem en gelees het. Waarom maak jy nie ’n lys van diegene vir wie jy graag ’n intekening wil aanbied nie? Verduidelik hoe om ’n intekeningstrokie in te vul.
15 min: “Maak jy ten volle van Die Wagtoring en die Ontwaak! gebruik?” ’n Motiverende bespreking deur ’n ouere man wat sukses behaal met tydskrifgetuieniswerk. Lig die broers in oor die ouere manne se reëlings om almal te help om ’n gereelde deelname aan tydskrifgetuieniswerk te hê. Meld die gemiddelde hoeveelheid tydskrifte wat elke maand deur die gemeente, sowel as per verkondiger, versprei word. Moedig almal aan om vir hulle ’n persoonlike doelwit te stel. (Sien Die Wagtoring van 1 Januarie 1994, bladsy 25, paragraaf 21, vir wenke.) Deur die tydskrifte gereeld te lees, sal ons met waardering vir hulle gevul word en sal ons hulle wil versprei.
20 min: “Berei Bybelstudente vir die bediening voor.” Vrae en antwoorde. Hou kort demonstrasies by paragrawe 4 en 5 wat toon hoe om ’n student te help voorberei om by die deur te getuig. Die student begin met ’n eenvoudige aanbieding deur Psalm 37:11 te gebruik. Die onderrigter onderbreek hom en sê: “Ek het my eie kerk.” Die student is onseker oor wat om te sê. Albei blaai na die Redenering-boek, bladsye 18-19, hersien van die voorgestelde antwoorde en kies een wat vir die student maklik sal wees om te gebruik. Die student gaan voort, gee ’n goeie antwoord en voel bemoedig deur die resultate.
Lied 139 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees die rekeningverslag en enige erkennings van bydraes. Hersien tydskrifte wat aangebied kan word, en vestig die aandag op ’n paar gesprekspunte.
17 min: “Gaan terug na waar jy belangstelling gevind het.” Vrae en antwoorde. Laat een of twee van die voorgestelde aanbiedinge gedemonstreer word.
18 min: “Vind ten volle baat by die Teokratiese Bedieningskool.” Toespraak en gehoorbespreking deur die skoolopsiener. Moedig almal aan om toewysings te aanvaar en na te kom. Beklemtoon hoe belangrik dit is om by te hou by die weeklikse Skriflesing. Verduidelik hoe die hele gemeente baat kan vind by raad wat aan studente gegee word.
Lied 53 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Mei
15 min: Plaaslike aankondigings. Hersien voortreflike artikels in onlangse tydskrifte, en reël een of twee kort aanbiedinge.
15 min: “Laat jy ander hulle waardigheid behou wanneer jy raad gee?” Toespraak deur ouere man, gebaseer op Die Wagtoring van 1 Februarie 1994, bladsye 25-9.
15 min: Diensopsiener bespreek voorbereidsels vir die ontoegekendegebied-kampanje vir 1994. Bespreek kortliks die Genootskap se brief van 1 April 1994 en sit die liggaam van ouere manne se voorgestelde plan van aksie uiteen. Gemeentes wat nie aan die ontoegekendegebied-kampanje deelneem nie, kan maniere bespreek om in hulle gebied te preek wat selde gewerk word of wat aan die buitewyke geleë is, of hoe hulle ’n nabygeleë gemeente kan help om hulle gebied te dek.
Lied 19 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
15 min: Hersien die lektuuraanbod vir Junie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? Vestig die aandag op treffende prente, soos dié op bladsye 6, 236, 243 en 245. Laat ’n bekwame verkondiger ’n kort aanbieding doen wat op een van hierdie prente gebaseer is deur Openbaring 21:4 te gebruik. Sit die velddiensreëlings vir die komende week uiteen.
20 min: Plaaslike behoeftes of ’n roerende toespraak oor “Die vroeë Christene en die wêreld”, gebaseer op die eerste artikel in Die Wagtoring van 1 Julie 1993. Beklemtoon hoe belangrik dit vandag vir ons is om die vroeë Christene se voorbeeld na te volg.
Lied 12 en slotgebed.