Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/94 bl. 3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1994
Ons Koninkryksbediening—1994
km 5/94 bl. 3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Mei: Intekening op Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes of halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50. Junie: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Julie: ’n Kombinasie van enige drie van die boekies met 32 bladsye wat die Genootskap in voorraad het teen ’n bydrae van 90 sent. As die gemeente nie ’n voorraad boekies het nie, kan ’n gepaste brosjure as ’n alternatiewe aanbod gebruik word. Aangesien die boekies met 32 bladsye nie beskikbaar is nie, moet dit nie by die Genootskap aangevra word nie, maar gemeentes moet sulke boekies gebruik wat in voorraad is.

◼ Voordat daar met ’n Koninkryksaalbouprojek begin word, moet die ouere manne met die Streekboukomitee vir hulle gebied in aanraking kom. Die streekkomitees is van inligting voorsien wat gemeentes kan help om verstandige besluite te neem. Dit is raadsaam om voorstelle van die streekkomitees te oorweeg voordat items soos stoele, muurbedekking, matte of verhitting- en lugversorgingtoestelle aangeskaf word. Hoewel die Genootskap nie enige verskaffers aanbeveel nie, word inligting aan die Streekboukomitees oorgedra aangaande verskaffers wat vantevore materiale van goeie gehalte op ’n betroubare wyse verskaf het.

◼ Weer in Suid-Afrika beskikbaar:

Zulu: Georganiseer om ons bediening te vervul.

◼ Nuwe kassette beskikbaar:

Engels: Doing What Is Right in Jehovah’s Eyes (Drama; enkelkasset; gemeente en publiek: R7,50; pioniers: R6,50).

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel