Moet ek gedurig verander?
In elke maand se Koninkryksbediening is daar ’n verskeidenheid skriftuurlike aanbiedinge wat ons in die getuieniswerk kan gebruik. Baie verkondigers wat heel bedrywig is, is gretig om nuwe idees te kry en verskillende benaderings te gebruik. Ons Koninkryksbediening help hulle in hierdie verband deur elke maand verskeie wenke te voorsien.
Maar dit kan wees dat jy nie die nodigheid daarvan sien om die aanbiedinge wat jy gebruik gedurig te verander nie. Jy het moontlik elke maand net ’n paar uur tot jou beskikking om aan die huis-tot-huis-werk deel te neem. Dalk het jy met verloop van tyd sekere aanbiedinge ontwikkel waarmee jy vertroud is en waarmee jy goeie resultate behaal. Jy maak moontlik staat op sekere tekste wat dikwels gebruik word, waaronder Psalm 37:9-11, 2 Petrus 3:13, Openbaring 21:4 en ander. As dit die geval is, hoef jy glad nie verplig te voel om jou aanbiedinge die heeltyd te verander nie. Ons hoofdoel is om ander van die Koninkrykshoop te vertel en hulle te help om te leer wat hulle moet doen om Jehovah se seën te ontvang. As jy tydige aanbiedinge in die Redenering-boek kry wat mense se belangstelling wek, en jy verkies om hulle te gebruik omdat die reaksie daarop goed is, moet jy nie aarsel om hulle te gebruik nie.