Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/98 bl. 1
  • As dit resultate lewer, gebruik dit!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • As dit resultate lewer, gebruik dit!
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om voorgestelde aanbiedings te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Toon persoonlike belangstelling—Deur voorbereid te wees
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Bied die tydskrifte aan wat van die waarheid getuig
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Moet ek gedurig verander?
    Ons Koninkryksbediening—1994
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 2/98 bl. 1

As dit resultate lewer, gebruik dit!

1 Ons Koninkryksbediening voorsien ons voortdurend van ’n verskeidenheid voorgestelde aanbiedings om in die bediening te gebruik. Dit gee ons nuwe idees oor hoe om belangstelling in die Koninkryksboodskap aan te kweek. Jy wend dalk elke maand ’n poging aan om een of meer van hierdie aanbiedings te leer. Maar party verkondigers vind dalk dat hulle ’n aanbieding net ’n paar keer gebruik voordat nuwe aanbiedings in ’n volgende nommer van Ons Koninkryksbediening verskyn. Dit spreek vanself dat dit miskien nie vir almal moontlik is om ’n nuwe aanbieding te leer as hulle nog nie ’n vorige een onder die knie het nie.

2 Daar is natuurlik duisende pioniers en ander verkondigers wat baie tyd in die velddiens deurbring. Daarbenewens is daar baie gemeentes wat elke paar weke hulle hele gebied dek. Onder hierdie omstandighede waardeer verkondigers nuwe benaderings en idees om die boodskap bekend te maak. Dit help hulle om hulle vaardighede te verbeter. Dit maak ook hulle bediening interessanter asook produktiewer, en dit help hulle om die uitdagings waarvoor hulle te staan kom die hoof te bied.

3 Hoe dit ook al sy, as jy ’n aanbieding voorberei het wat goed werk om belangstelling aan te kweek, kan jy gerus voortgaan om dit te gebruik! Dit is nie nodig om op te hou om ’n doeltreffende aanbieding te gebruik waarmee jy resultate behaal nie. Pas dit eenvoudig aan by die lektuuraanbod vir die maand. Wanneer jy die wenke hersien wat in Ons Koninkryksbediening aangebied word, moet jy oplet na interessante punte waarmee jy jou aanbieding kan aanpas.

4 Wanneer jy dus ’n nuwe nommer van Ons Koninkryksbediening ontvang, moet jy onthou dat die aanbiedings daarin bloot wenke is. As jy dit kan gebruik, is dit goed so. Maar as jy reeds ’n aanbieding gevind het wat in julle gebied resultate lewer, gebruik dit! Die belangrike ding is om op voortreflike wyse ‘jou bediening ten volle uit te voer’, die verdienstelikes te vind en hulle te help om dissipels te word.—2 Tim. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel