Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/94 bl. 4
  • Help ander om die waarheid te leer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om die waarheid te leer
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe sal hulle hoor tensy ons teruggaan?
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Gebruik ouer publikasies doeltreffend
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die brosjures te gebruik om studies te begin
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 7/94 bl. 4

Help ander om die waarheid te leer

1 Jesus het na die aarde toe gekom om vir die waarheid te getuig. Hy het sy dissipels opgelei om onderrigters te wees sodat die waarheid aan ander verkondig kon word. Hy was só seker van hulle sukses met die onderrigting van ander dat hy hulle ‘openbare onderrigters’ genoem het (Matt. 13:52, NW). Hy het elkeen met ’n geleerde man vergelyk wat in werklikheid ’n skatkamer van inligting tot sy beskikking het. Jesus se hedendaagse dissipels gebruik die publikasies om die Koninkrykspredikingswerk te bespoedig. Baie gemeentes het byvoorbeeld ’n verskeidenheid boekies waarmee ander gehelp kan word om dissipels te word. Hoe kan hierdie waardevolle instrumente gebruik word?

2 Wanneer jy die boekie “’n Veilige Toekoms—Hoe jy dit kan vind” aanbied, kan jy die gesprek inlei deur te vra:

◼ “Het jy al ooit gewonder waarom die vooruitsigte op ’n veilige toekoms, ten spyte van al die mens se pogings, maar duister lyk? [Laat huisbewoner antwoord.] Die Bybel verduidelik waarom soveel pogings al gefaal het.” Lees Psalm 146:3,4. Nadat jy met die huisbewoner oor die inligting in paragraaf6 geredeneer het, kan jy vra: “Wie kan werklik vir ons langdurige veiligheid bied?” Na gelang van die huisbewoner se antwoord kan jy dalk gepaste gedagtes uit paragraaf 7 bespreek of reëlings tref om dit tydens ’n volgende besoek te doen.

3 Hier is een manier waarop jy die boekie “Is daar ’n God wat omgee?” kan gebruik:

◼ “Baie mense het al die vraag gestel wat in die byskrif onder hierdie twee prente verskyn. [Lees die vraag onderaan bladsye 6 en 7 en laat die huisbewoner sy mening lug.] Aangesien ’n liefdevolle God nie goed sowel as sleg terselfdertyd sal bevorder nie, wat dink jy van sy belofte wat hier in Jesaja 65:21-24 opgeteken is?” As die huisbewoner se antwoord ’n mate van belangstelling toon, kan jy na paragraaf37 blaai en verduidelik wat God se Koninkryk tot stand gaan bring.

4 Wanneer jy die boekie “Die lewe behels veel meer!” aanbied, kan jy sê:

◼ “Die lewe het vir baie ’n saai, eentonige geswoeg geword. Wat dink jy is nodig om die lewe sinvoller te maak? [Laat die huisbewoner sy mening lug.] Die Bybel toon dat God beter dinge vir ons in die vooruitsig stel. Kyk net wat hy hier in Openbaring 21:4,5 sê.” Indien dit gepas is, kan jy die bespreking voortsit met gedagtes uit paragraaf 42 in die boekie.

5 ’n Jonger verkondiger kan die brosjure “Jy kan vir ewig op die aarde lewe!” gebruik en vra:

◼ “Sal u daarvan hou om op ’n paradysaarde soos hierdie te lewe? [Wys die voor- en agterblad en laat huisbewoner antwoord.] Ek en my gesin sien daarna uit om daar te lewe omdat ons geleer het wat die Bybel hier in Johannes 17:3 sê.” Nadat jy die teks gelees het, kan jy die brosjure aanbied vir die persoon om te lees teen ’n bydrae van 90 sent.

6 As jy gedurende hierdie maand ander boekies of brosjures in jou bediening gaan gebruik, kan jy die voorafgaande wenke in jou inleidings en aanbiedings volg. Onthou om jou aanbieding kort te hou en positiewe en opbouende kommentare te maak wat die belangstelling van huisbewoners sal aanwakker.

7 Jehovah het ons die waarheid gegee. Ons moet die geleenthede aangryp wat ons te beurt val om dit aan ander te verkondig—met behulp van publikasies, sowel as in ons gesprekke met die mense wat ons teëkom. Sodoende sal ons toon dat ons openbare onderrigters tot die ewige voordeel van ander is.—Matt. 28:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel