Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/87 bl. 1
  • Gebruik ouer publikasies doeltreffend

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gebruik ouer publikasies doeltreffend
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOE SAL JY DIE AANBOD MAAK?
  • Kan meer ’n Bybelstudie begin?
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Blood-boekie gaan bestudeer word
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Help ander om die waarheid te leer
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • ’n Brosjure met ’n nuwe gedaante
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 6/87 bl. 1

Gebruik ouer publikasies doeltreffend

1 Jehovah se volk het Jesus se bevel om ‘dissipels van al die nasies te maak’ met blydskap uitgevoer (Matt. 28:19). Deur die jare heen het ons verskillende publikasies gebruik om mense se belangstelling in die Koninkryksboodskap te wek. Ons het ’n beroep op hulle gedoen om God se Woord te bestudeer en geloof in die Koninkryksbelofte te beoefen. Die ouer publikasies van die Genootskap was fundamentele boodskapdraers en het ’n belangrike rol in die dissipelmaakwerk gespeel.

2 Ons Junie-aanbod sal enige kombinasie van die volgende ouer sakformaatboeke teen ’n bydrae van R1,00 elk wees: Die waarheid wat lei tot die ewige lewe, Is die Bybel werklik die Woord van God?, Is hierdie lewe al wat daar is? en Goeie nuus—om jou gelukkig te maak (Engels: Jou jeug​—Hoe om dit ten beste te benut, Goeie nuus—om jou gelukkig te maak en Is hierdie lewe al wat daar is?). Hoewel sommige miskien ’n bietjie negatief daaroor voel om hierdie ouer publikasies aan te bied, is dit belangrik om te onthou dat hulle steeds mense kan help om tot kennis van die waarheid te kom en dissipels van Jesus Christus te word. As ons opreg daarin belangstel om dissipels te maak, sal ons die ouer publikasies aanbied met die oortuiging dat hulle iemand kan help om die waarheid te aanvaar.

HOE SAL JY DIE AANBOD MAAK?

3 Dit is beter om net een boek te beklemtoon wanneer ’n kombinasie-aanbod gemaak word. Kies ’n gesprekspunt wat sal strook met die ‘Onderwerp vir gesprekke’ as jy net een boek aanbied. Of jy wil dalk die aandag vestig op die inhoudsopgawe en twee of drie gepaste hoofstukke kies wat by die huisbewoner byval sal vind. Sommige het dit doeltreffend gevind om ’n paragraaf of ’n deel daarvan wat goed by die ‘Onderwerp vir gesprekke’ pas uit die boek wat hulle aanbied te lees. Help die huisbewoner om te besef dat die publikasie wat ons aanbied hom sal help met sy persoonlike studie van God se Woord. Wanneer die aanbod nie aanvaar word nie, kan die jongste nommers van Die Wagtoring en Ontwaak! of ’n brosjure vir die huisbewoner aangebied word.

4 Die Genootskap het ook ’n aantal ouer sakformaatpublikasies in party van die Swart tale in voorraad. Hou gerus ’n voorraad van hierdie publikasies in die Swart tale wat algemeen in jou gebied gebruik word in jou velddienstas. Jesus het gesê dat ons dissipels moet maak van mense “van al die nasies” en derhalwe moet ons nie die baie geleenthede om die ouer publikasies by Swartmense in ons gebied aan te bied oor die hoof sien nie.

5 Watter ouer publikasies ons ook al gedurende Junie aanbied, ons moet in gedagte hou dat dit ons doelwit is om dissipels te maak en ’n middel tot daardie doel is om die ouer publikasies by mense te laat. Jesus het verder gesê dat as ons dissipels wil maak dit ook beteken dat ons hulle moet “leer... om alles te onderhou wat Ek julle beveel het”. Maak dit jou doelwit om nuwe tuisbybelstudies te begin waar jy ouer publikasies gedurende Junie gelaat het en beoefen geloof in Jesus se verdere woorde: “Kyk, Ek is met julle.”​—Matt. 28:20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel