Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/95 bl. 7
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik traktate om die goeie nuus te verkondig
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Bied die goeie nuus aan—Deur traktate goed te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Traktaatverspreiding gaan verskerp word
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onthou om brosjures te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 3/95 bl. 7

Vraebus

◼ Hoeveel aandag moet ons skenk aan die toerusting wat ons in die getuieniswerk gebruik?

1 Hoewel ’n verkondiger van die goeie nuus moontlik ’n gepaste skriftuurlike aanbieding in gedagte het, kan hy onvoorbereid wees met betrekking tot die toerusting wat hy gebruik. Wanneer hy by die deur is, het hy moontlik nie die jongste lektuuraanbod nie. Die tydskrifte, brosjures en traktate in sy velddienssak is dalk gekreukel of geskeur. Omdat sy sak deurmekaar is, kan hy dalk nie ’n potlood of ’n huis-tot-huis-verslag vind nie. Dit is belangrik om noukeurig aandag te skenk aan jou toerusting voordat jy aan die velddiens deelneem.

2 Wat moet in ’n goed toegeruste velddienssak wees? ’n Bybel is noodsaaklik. Sluit ’n voorraad huis-tot-huis-verslae in. Sorg dat jy die publikasie het wat die maand aangebied word. Die jongste nommers van die tydskrifte, sowel as traktate en brosjures, is ook nodig. Dra ’n eksemplaar van die Redenering-boek saam. As jy die jongste Ons Koninkryksbediening by jou het, sal jy voorgestelde aanbiedings kan hersien voordat jy na die deur toe gaan. Wanneer jy in ’n gebied werk waar jy waarskynlik mense sal teëkom wat ’n vreemde taal praat, sal dit goed wees om die boekie Good News for All Nations te hê. As jy ’n eksemplaar van een van ons publikasies het wat vir jongmense bedoel is, sal dit jou help om voorbereid te wees om met tienderjariges te praat.

3 Alles wat jy gebruik, moet netjies in jou sak gerangskik wees. Die sak self hoef nie nuut te wees nie, maar dit moet skoon en in ’n goeie toestand wees. Jou velddienssak maak deel uit van jou toerusting wat gebruik word om die goeie nuus te verkondig. Hou dit in ’n goeie toestand.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel