’n Herinnering vir die sekretaris en die diensopsiener
Elke jaar is daar ’n aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir Februarie dat die sekretaris en die diensopsiener ‘die bedrywighede van al die gewone pioniers moet nagaan’. Wat is die doel hiervan? Dit is om vas te stel wie moontlik hulp nodig het om die uurvereiste te bereik voordat die diensjaar eindig.
Gewone pioniers moet 1 000 uur per jaar aan die bediening wy. Teen die einde van Februarie vind party pioniers dat hulle agtergeraak het, en dit kan tot ontmoediging lei. Die ouer manne kan pioniers dikwels behulpsaam wees en hulle aanmoediging en praktiese wenke gee. Dit kan die verskil maak tussen pioniers wat hulle uurvereiste vir die jaar bereik of wat die pionierdiens verlaat.
Die pioniers sal beslis die opregte belangstelling van die ouer manne in hierdie verband waardeer. Die gemeente sal ook daarby baat vind as hulle pioniers het wat gelukkig in hulle bediening is en getrou in hulle toewysing volhard.