Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/95 bl. 7
  • Sien jy ’n behoefte?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Sien jy ’n behoefte?
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Julle moet intense liefde vir mekaar hê’
    Aanbid die enigste ware God
  • Help nuwe verkondigers
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • ’n Hulp wat maklik gevind kan word
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Hou aan groei in jou liefde
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 4/95 bl. 7

Sien jy ’n behoefte?

1 Jehovah word as ’n Helper en ’n Toevlug beskryf. Ons weet dat ons ons in tyd van nood tot hom kan wend en dat hy ons sal help (Ps. 18:3; 46:2). Ons kan hierdie eienskap wat van empatie getuig, navolg deur aan te bied om ander te help wanneer ons ’n behoefte sien.

2 Wat beweeg ’n persoon om moeite te doen om iemand anders te help? Die meeste mense besef dat dit die liefdevolle, menslike ding is om te doen. God se Woord moedig dit beslis aan (Rom. 15:1). Paulus het ons aangespoor om ‘nie in persoonlike belangstelling ’n oog op net ons eie sake te hou nie, maar ook in persoonlike belangstelling op dié van die ander’.—Fil. 2:4.

3 Dit is iets waaruit ons almal vreugde kan put (Hand. 20:35). Paulus het jong Timoteus as voorbeeld voorgehou van iemand wat ‘opreg sal omsien na die dinge in verband met’ sy broers (Fil. 2:20). Dit is goed dat ons vandag baie jongmense met ’n soortgelyke gesindheid in die gemeentes het. Maar of ons nou jonk of oud is, daar is dinge wat ons kan doen as ons ’n behoefte sien.

4 Het jy al ooit gevoel dat daar party is in wie se behoeftes beter voorsien kan word? Miskien was ’n broer of ’n suster in die hospitaal, en min het besoek afgelê; of iemand het ’n invalide geword, maar daar was niemand om takies te verrig of met die huiswerk te help nie. Jesus beskou diegene wat Jehovah dien as lede van ’n gesin wat opreg vir mekaar omgee (Mark. 3:33-35). In die gelykenis van die skape en die bokke het hy getoon dat diegene aan die Koning se regterhand sy guns geniet omdat hulle die Koning se broers behulpsaam is.—Matt. 25:40.

5 Hoe kan ek help? Wat kan gedoen word om hulp te verleen wanneer dit duidelik is dat daar ’n behoefte bestaan? Kan ons die inisiatief neem om op die een of ander manier te help? Dalk is daar bejaardes wat aanmoediging nodig het, maar nie intieme vriende het om hulle te help nie. Daar is moontlik jongmense wat hulp nodig het. ’n Gesin wat onlangs belangstelling in die waarheid begin toon het en wat ’n paar kinders het, daag dalk by die Koninkryksaal op wanneer die verkondiger wat met hulle studeer nie daar is nie. Hulle sal dit moontlik waardeer as iemand aanbied om hulle met die kinders te help.

6 Namate ons in liefde vir die waarheid en vir Jehovah se organisasie toeneem, neem ons waardering vir en besorgdheid oor ander in die gemeente ook toe. Paulus het ons aangemoedig om in hierdie opsig verruim te word (2 Kor. 6:11-13). Jesus het beklemtoon dat ons betoning van liefde aan mekaar die vernaamste manier is waarop ons toon dat ons waarlik sy volgelinge is.—Joh. 13:35.

7 Wanneer ons dus ’n behoefte sien, behoort ware liefde vir ons broers en vir die gemeente ons te beweeg om die inisiatief te neem en te help op watter manier ons ook al kan (Gal. 6:9, 10). Hierdie besorgdheid oor ander snoer ons saam in ’n hegte band van liefde en eenheid (1 Kor. 10:24). Só dra ons ons deel by om in ’n behoefte in die gemeente te help voorsien.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel