Tref voorbereidsels vir die Gedenkmaal
Is almal, die spreker inkluis, in kennis gestel van die presiese tyd en plek van die viering? Is die spreker bewus daarvan dat die program nie langer as 45 minute moet duur nie?
Is iemand aangestel om vir die embleme te sorg? (Sien Die Wagtoring van 15 Februarie 1990, bladsye 16-18.) Is reëlings getref sodat die tafel met ’n skoon tafeldoek en genoeg glase en borde gedek sal word?
Is reëlings getref sodat die Koninkryksaal voor en ná die tyd skoongemaak sal word? Is die saalwagters en die bedieners aangewys? Is ’n vergadering met hulle gehou om hulle pligte te hersien? Watter prosedure sal gevolg word om te verseker dat almal op ’n georganiseerde wyse bedien word?
Is reëlings getref om die bejaarde en siek broers en susters te help om daar te wees? Is reëlings getref om enige gesalfdes te bedien wat moontlik bedlêend is en nie teenwoordig kan wees nie?