Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/95 bl. 1
  • Jehovah gee krag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah gee krag
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—Op biddende wyse
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Waarom moet ons onophoudelik bid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Jehovah gee krag
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Bly na aan Jehovah se organisasie
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 6/95 bl. 1

Jehovah gee krag

1 As Jehovah se volk het ons die toewysing ontvang om die goeie nuus te verkondig terwyl ons “voortreflike gedrag onder die nasies” handhaaf (1 Pet. 2:12; Matt. 24:14). Met die oog op die kritieke tye sowel as ons eie swakhede en tekortkominge sal ons hierdie werk nooit op ons eie kan doen nie (2 Tim. 3:1-5). Hoe bly is ons tog dat ons op Jehovah se hulp kan staatmaak!

2 Die apostel Paulus het baie beproewinge verduur (2 Kor. 11:23-27). Hoe kon hy dit die hoof bied en sy toegewese werk volbring? Jehovah het hom die “krag wat bo die normale is”, gegee (2 Kor. 4:7). Paulus het hierdie Goddelike hulp erken toe hy geskryf het: “Vir alles is ek sterk genoeg deur hom wat my krag gee” (Fil. 4:13). Jehovah sal ons op soortgelyke wyse help. Hoe kan ons hierdie hulp verkry?

3 Deur onophoudelik te bid: Jesus het ons aangespoor om ‘aan te hou vra, soek en klop’ en nie moed op te gee nie (Luk. 11:5-10). Ons volharding in gebed is vir Jehovah ’n aanduiding van die diepte van ons besorgdheid, die intensiteit van ons begeerte en die opregtheid van ons beweegrede (Ps. 55:18; 88:2,14; Rom. 1:9-11). Paulus het besef hoe belangrik dit is om in gebed te volhard en het ons aangespoor om ‘onophoudelik te bid’ (1 Tess. 5:17). Gebed is een van die vernaamste maniere waarop ons Jehovah se hulp verkry.

4 Deur teokratiese leiding te volg: “Teokrasie” beteken “regering deur God”, en God is liefde. Ons vind baat by hierdie regering deur sy gesag te aanvaar en sy opdragte in groot sowel as klein besluite uit te voer. “Die getroue en verstandige slaaf” verteenwoordig teokratiese regering op hierdie aarde (Matt. 24:45-47). Samewerking met die organisasie wat deur die “slaaf” gebruik word, is uiters belangrik as ons Jehovah se seën wil ontvang. (Vergelyk Hebreërs 13:17.) Jehovah sal ons lojaliteit teenoor hom en ons gewilligheid om sy wette te gehoorsaam, beloon deur op die regte tyd die krag te voorsien wat ons nodig het.—Heb. 4:16.

5 Deur na aan ons broers te bly: Liefde is die vernaamste kenmerk van Jesus se dissipels (Joh. 13:34, 35). Met ’n groot verskeidenheid persoonlikhede kan daar weens persoonlike verskille wrywing tussen ons ontstaan. Ons moet tere medelye hê en mekaar vryelik vergewe (Ef. 4:32). Dit stel ons in staat om na aan ons broers in die geloof te bly en aangemoedig te word deur hulle onwrikbare volharding tydens beproewing. Ons het die godgegewe krag om soortgelyke druk die hoof te bied ‘in die wete dat dieselfde dinge in die vorm van lyding in die hele gemeenskap van ons broers veroorsaak word’.—1 Pet. 5:9.

6 Deur ’n goeie roetine van persoonlike studie te handhaaf: As ons ons verstand en hart geestelik versterk, kan ons Satan se aanval afweer (1 Pet. 5:8). ’n Goeie roetine van persoonlike studie sal ons voorraad van Goddelike kennis vermeerder. Ons kan hierby baat vind wanneer ons voor daaglikse uitdagings te staan kom. Paulus het beklemtoon dat “juiste kennis” uiters belangrik is om redding te verkry (1 Tim. 2:3,4). Dit is noodsaaklik om geestelike voedsel gereeld in te neem.

7 Al die voorsienings wat nodig is om ons te help om sterk te bly, is geredelik beskikbaar deur die Christengemeente. Heelhartige ondersteuning van al die bedrywighede daarvan sal verseker dat ons sal ‘wandel en nie mat word nie’.—Jes. 40:29-31.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel