Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/95 bl. 3
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Moedig mekaar aan by gemeentelike vergaderinge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Loof Jehovah in die gemeente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Loof Jehovah “in die midde van die gemeente”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Bou mekaar op deur by vergaderinge te antwoord
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1995
km 6/95 bl. 3

Vraebus

◼ Hoe kan ons op die doeltreffendste manier by vergaderinge kommentaar lewer?

Ons sien uit daarna om vir weeklikse gemeentelike vergaderinge byeen te kom. Daar het ons die geleentheid om ons geloof bekend te maak en ander deur ons kommentare aan te moedig (Spr. 20:15; Heb. 10:23, 24). Ons moet dit as ’n voorreg beskou om kommentaar te lewer en daarna streef om ’n gereelde aandeel te hê. Hoe kan ons dit op die doeltreffendste manier doen?

Voorbereiding is die eerste stap. Dit is belangrik om die materiaal voor die tyd te lees en daaroor te peins. Probeer die ware betekenis bepaal van dit wat aangebied word. Hoewel die onderwerp dalk in die verlede bespreek is, kan jy oplet na enige breedvoeriger of aanvullende gedagtes. Hou die algehele tema van die materiaal in gedagte. Wanneer jy kommentare voorberei uit ’n publikasie wat ’n deeglike studie van ’n Bybelboek bevat, soos die Openbaring-boek, moet jy probeer sien hoe ’n sekere vers met die omliggende verse verband hou. As jy hierdie wenke volg, sal dit jou denkvermoë prikkel. Dit sal jou help om goeie kommentare voor te berei en jou deelname te geniet.

Die beste kommentare is kort, eenvoudig gestel en gebaseer op die publikasie wat bestudeer word. Die eerste persoon wat kommentaar lewer, moet die vraag direk beantwoord en ander gedagtes vir bykomende kommentare laat. Vermy lang, omslagtige kommentare wat baie tyd in beslag neem en verhinder dat ander ’n aandeel het. Stel jou kommentaar eerder in jou eie woorde as om dit woord vir woord uit die publikasie te lees. Bykomende kommentare kan gedagtes insluit wat gedek word in die Bybeltekste wat aangegee word. Luister aandagtig na wat ander sê sodat jy enige onnodige herhaling kan vermy.

Dit is goed om jou hand verskeie kere op te steek, maar nie by elke paragraaf nie. Ons nooi kinders om ook kommentaar te lewer. As jy huiwerig is om dit te doen, kan jy vooraf vir die studiehouer sê op watter paragraaf jy kommentaar wil lewer, en hy sal jou waarskynlik ’n kans kan gee om dit te doen.

Ons almal moet ’n ernstige poging aanwend om iets te hê wat ons aan ander kan meedeel tydens gemeentelike vergaderinge wat gehoordeelname insluit. Hou in gedagte dat die sukses van sulke vergaderinge grootliks afhang van ons gewilligheid en die doeltreffende manier waarop ons kommentaar lewer.—Ps. 26:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel