Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/96 bl. 7
  • Vriendelike gesprekke kan die hart bereik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vriendelike gesprekke kan die hart bereik
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n gesprek te begin om informeel te getuig
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening — Begin gesprekke wat tot ’n getuienis kan lei
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 6/96 bl. 7

Vriendelike gesprekke kan die hart bereik

1 ’n Gesprek kan omskryf word as ’n “mondelinge uitruiling van idees”. As ons vriendelike gesprekke aanknoop oor ’n onderwerp wat ander raak, kan dit hulle belangstelling wek en ons help om hulle harte met die Koninkryksboodskap te bereik. Ondervinding het getoon dat dit baie doeltreffender is om mense by ’n vriendelike en ontspanne gesprek te betrek as om vir hulle te preek.

2 Hoe om ’n vriendelike gesprek te begin: Om met ander ’n gesprek te kan voer, beteken nie dat ons die een of ander treffende opeenvolging van gedagtes en tekste moet aanbied nie. Dit behels eenvoudig dat ons die ander persoon moet kry om met ons te gesels. Wanneer ons byvoorbeeld ’n vriendelike gesprek met ons buurman voer, is dit nie styf nie maar ontspanne. Ons dink nie aan ons volgende woorde nie, maar reageer natuurlik op die gedagtes wat hy uitspreek. As ons opregte belangstelling toon in wat hy sê, sal dit hom moontlik aanmoedig om die gesprek met ons voort te sit. Dieselfde moet ook geld wanneer ons vir ander getuig.

3 Onderwerpe soos misdaad, die probleme van die jeug, plaaslike kwessies, wêreldtoestande of selfs die weer kan gebruik word om vriendelike gesprekke te begin. Onderwerpe wat mense se lewens direk raak, is baie doeltreffend om hulle belangstelling te wek. As die gesprek eers begin is, kan ons dit stadigaan in die rigting van die Koninkryksboodskap stuur.

4 Om ’n ontspanne gesprek te voer, beteken nie dat voorbereiding nie nodig is nie. Dit is. Dit is egter nie nodig om ’n onveranderlike skets te formuleer of ’n preek te memoriseer nie, wat tot ’n gesprek sal lei wat onbuigsaam is en nie by die huidige omstandighede aanpas nie. (Vergelyk 1 Korintiërs 9:20-23.) ’n Uitstekende manier van voorbereiding is om een of twee skriftuurlike temas te kies waaroor gesprekke gevoer kan word. Dit sal nuttig wees om onderwerpe in die Redenering-boek hiervoor te hersien.

5 Noodsaaklike eienskappe vir ’n vriendelike gesprek: Wanneer ons met ander gesels, moet ons hartlik en opreg wees. ’n Glimlag en ’n vrolike gelaat help om hierdie eienskappe te weerspieël. Ons het die beste boodskap ter wêreld; dit is vir opregtes van hart baie aanloklik. As hulle voel dat ons belangstelling in hulle voortspruit uit ’n opregte begeerte om goeie nuus aan hulle te vertel, sal hulle dalk beweeg word om te luister.—2 Kor. 2:17.

6 Dit behoort ’n aangename ondervinding te wees om gesprekke te voer. Daarom moet ons vriendelik en taktvol wees as ons die Koninkryksboodskap aanbied (Gal. 5:22; Kol. 4:6). Streef daarna om die ander persoon met ’n gunstige indruk te laat. Op hierdie manier sal hy dalk ontvankliker wees as ’n Getuie weer met hom praat, al het ons nie aanvanklik sy hart bereik nie.

7 ’n Mens begin nie ’n vriendelike gesprek deur ’n ingewikkelde preek te leer nie. Jy moet eenvoudig belangstelling wek in ’n onderwerp wat iemand raak. As ons eers voorberei het, sal ons gereed wees om mense by vriendelike gesprekke te betrek. Laat ons daarna streef om die harte te bereik van diegene wat ons teëkom deur die beste nuus wat daar is, die nuus van ewige Koninkrykseëninge, aan hulle mee te deel.—2 Pet. 3:13.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel