Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/90 bl. 12
  • Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GEBRUIK WAT ONS HET
  • BEREI VOOR
  • Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Gebruik doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Bied die goeie nuus aan—Met onderskeidingsvermoë
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Doeltreffende inleidings
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 10/90 bl. 12

Bied die goeie nuus aan—Deur met mense te gesels

1 Volgens ’n woordeboek is ’n gesprek ’n “mondelinge uitruiling van gedagtes, opmerkings, menings of idees”. Maar hoe kan jy ’n gesprek oor die Bybel begin as die mense wat jy ontmoet teen jou godsdiens gekant is of met hulle eie sake besig is? Jesus het vrae gevra om sy luisteraars te betrek.—Joh. 4:9-15, 41, 42.

2 Ons moet ernstig tot God bid om ons te help om opregtes van hart te vind en om die weg te baan sodat ons met hulle kan gesels. Getuieniswerk word makliker as ons elke huisbewoner as ’n potensiële kneg van Jehovah beskou. Hierdie gemoedstemming sal ons help om die waarheid op ’n hartlike, opregte manier oor te dra wat belangstellendes sal aantrek.

GEBRUIK WAT ONS HET

3 Die Redenering-boek gee talle uitstekende inleidings op bladsye 9-15. Die meeste van hierdie inleidings gebruik vrae doeltreffend. Luister beleefd wanneer die huisbewoner op ’n vraag reageer en antwoord dan op ’n manier wat die huisbewoner sal laat besef dat ons gedink het aan wat hy gesê het.—Kol. 4:6.

4 Jy weet natuurlik nie hoe die huisbewoner sal antwoord wanneer jy ’n vraag vra nie. Wees voorbereid om jou bespreking dienooreenkomstig aan te pas. Probeer om die gesprek aan die gang te hou deur nog informasie oor sy belange uit die Bybel te meld en deur verdere weldeurdagte vrae te vra.

BEREI VOOR

5 Jy is dalk reeds bekend met die algemene denkwyse van die mense in julle gebied. Indien wel, kan jy inleidings in die Redenering-boek kies wat die doeltreffendste in julle besondere gebied sal wees. Al wat jy dalk moet doen, is om een van hierdie inleidings by die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ aan te pas. Begin jou gesprek met dinge waaroor jy meen die huisbewoner besorg is; noem die probleem kortliks en bespreek dan die Bybel se oplossing. Wanneer hy ’n opmerking maak, moet jy positief kommentaar lewer op wat hy sê, nie krities nie. Jou belangstelling in sy gedagtes en gevoelens moet hom aanspoor om met die gesprek voort te gaan. Probeer om gedagtes te vind waaroor julle saamstem en bespreek dit. Hou die gesprek positief deur die aandag op Koninkrykseëninge te vestig as die Bybel se oplossing vir die mens se probleme.

6 Beskou verskillende sienswyses as trapklippe om met die gesprek voort te gaan. As die huisbewoner gewillig is om te redeneer, kan jy vra: “Het jy dit al ooit uit hierdie standpunt beskou?” Vestig dan die aandag op wat God se Woord oor die onderwerp sê. As jy vind dat die persoon onredelik is, moet jy nie daarop aandring dat hy aanvaar wat jy gesê het nie. Sluit met ’n vriendelike opmerking af, en laat eerder die deur oop sodat die goeie nuus by ’n latere geleentheid aan hom verkondig kan word.—Spr. 12:8, 18.

7 Party mense is meer geneig om te gesels wanneer jy hulle informeel ontmoet. Moenie aarsel om gesprekke met mense te begin wat jy op straat kry of wat op hul erf werk of ontspan nie. Hulle sal dalk jou opregte belangstelling in hul bedrywigheid verwelkom, en dan kan jy die gesprek stuur na ’n bespreking van die Bybelse belofte dat die aarde binnekort ’n paradys sal wees. Wanneer jy ’n gesprek begin, moet jy probeer om dit ’n aangename ondervinding vir die huisbewoner te maak. Sover dit van jou afhang, moet jy die persoon met ’n gunstiger gesindheid teenoor God, sy Woord en sy knegte laat. So kan jy, al slaag jy nie aanvanklik daarin om sy hart te bereik nie, hom in ’n ontvankliker stemming laat vir wanneer die volgende Getuie aan sy deur klop.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel