Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye teen ’n bydrae van R1,00 elk: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf en Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind? Waar gepas, kan die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? aangebied word. September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R10,50 vir die groot uitgawe en R5,30 vir die klein uitgawe. Gemeentes wat Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe of Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou in voorraad het, kan hierdie boeke ook aanbied. Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R24,00 en R12,00. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. ’n Spesiale poging moet aangewend word om na almal by wie daar ’n boek gelaat is terug te gaan met die doel om tuisbybelstudies te begin.
◼ Vanaf 30 Augustus 1996 tot 31 Augustus 1996 sal die Genootskap ’n inventaris opstel van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. As gevolg hiervan sal daar gedurende hierdie dae geen gemeentelike lektuurbestellings opgemaak word vir versending of om afgehaal te word nie.
◼ Elke gemeente sal drie Literature Inventory-vorms (S-AB-18) ontvang. Die gemeentelike sekretaris en die lektuurkneg moet vroeg in Augustus besluit op ’n datum aan die einde van die maand waarop hulle ’n inventaris van die gemeente se lektuurvoorraad kan opstel. Al die lektuur in voorraad moet getel word, en die totale moet op die Literature Inventory-vorm ingevul word. Die aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg gekry word. Pos asseblief die oorspronklike vorm voor 6 September aan die Genootskap. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris gekontroleer word, en die ingevulde vorm moet deur die presiderende opsiener nagegaan word. Die sekretaris en die presiderende opsiener moet die vorm teken.
◼ Lapelkaarte vir die 1996-streekbyeenkoms moet bestel word, en die gemeente se lektuurrekening sal met agt sent per kaartjie gedebiteer word. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wie se lektuurrekening ’n nadelige saldo het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Bestel asseblief in veelvoude van 20, waar moontlik. Lapelkaarte is beskikbaar in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu. (Let asseblief daarop dat Tswana en Sepedi nou vir die eerste keer beskikbaar is.) Plaas julle bestelling asseblief op die Literature Order-vorm (S-AB-14). Hierdie bestellings moet die Genootskap voor 1 November 1996 bereik. Daarna sal ons nie bestellings vir lapelkaarte behartig nie.
◼ Verkondigers wat die gewone pionierdiens op 1 September 1996 wil betree, moet sonder versuim aansoek doen.
◼ Die gemeentelike sekretaris sal die diensrapport saamstel wat op die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-AB-10) ingevul moet word. Hy sal ook enige ouer man of bedieningskneg wat dalk help om die rapport saam te stel deeglik oplei. Dit sal ’n akkurate tabulering van die nodige inligting van die Congregation’s Publisher Record-kaarte (S-21) verseker. Die “Gemeentelike ontledingsrapport”-vorm (S-AB-10) moet akkuraat en netjies ingevul en sorgvuldig deur die dienskomitee nagegaan word.
◼ Gemeentes word daaraan herinner om ’n voldoende voorraad vorms vir die 1997-diensjaar te bestel. Hierdie vorms moet nie gemors word nie; hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.