Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/96 bl. 7
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
  • Ons Koninkryksbediening—1996
  • Soortgelyke materiaal
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Program vir die spesiale byeenkomsdag vir 2010
    Ons Koninkryksbediening—2009
  • Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1996
km 8/96 bl. 7

Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag

1 “Wees mense wat deur Jehovah geleer word” is die tema van die nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag wat in September begin (Joh. 6:45). Goddelike onderrigting wat van Jehovah kom, help ons werklik om ’n bevredigende lewe te lei. Dit bou in ons ’n diepe waardering op vir ons geestelike erfenis. Ons pogings om ander te help om die goeie nuus te hoor, maak ons nuttige lede van die samelewing. Hierdie spesiale byeenkomsdag sal die aandag vestig op die seëninge wat mense geniet wat deur Jehovah geleer word.

2 Die program sal die voordele van Goddelike onderrigting en die gevare van wêreldse geleerdheid teenoor mekaar stel. Ons sal duideliker sien hoe Jehovah die hoogste vorm van opvoeding verskaf—opvoeding wat op sy Woord, die Bybel, gegrond is. Daar sal klem gelê word op drie gebiede van aanbidding waarin ons behae skep om deur God geleer te word. Daarbenewens sal jongmense aangespoor word om uitstaande Bybelvoorbeelde soos Dawid en Timoteus na te volg en om hulle lewens om geestelike bedrywighede te bou. Ons geloof sal versterk word wanneer die lojaliteit van ouer mense ook beklemtoon word. Pastoegewydes wat aan die vereistes voldoen, sal gedoop kan word. Hulle moet die presiderende opsiener lank voor die byeenkomsdag van daardie begeerte in kennis stel.

3 Die hooftoespraak van die spesiale byeenkomsdag se tema is “Deur Jehovah geleer om sy wil te doen”. Dit sal redes beklemtoon waarom ons almal moet aanhou leer, standvastig moet word in die geloof en moet aanhou om vooruitgang te maak. Ons sal aangespoor word om Jehovah na te volg deur ander te leer van die waarheid wat tot die ewige lewe lei. Opbouende ondervindinge sal ingesluit word om te toon hoe die publikasies van die Genootskap talle gehelp het om deur Jehovah geleer te word. Die positiewe resultate van Jehovah se wêreldwye onderrigtingsprogram sal beklemtoon word.

4 Tref definitiewe reëlings om die byeenkoms by te woon. Spoor alle belangstellendes aan om teenwoordig te wees. Julle kan daarna uitsien om talle goeie dinge deur ons Grootse Onderrigter geleer te word.—Jes. 30:20, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel