Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/96 bl. 5-6
  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1996
Ons Koninkryksbediening—1996
km 8/96 bl. 5-6

Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 6 Mei tot 19 Augustus 1996. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. Hetsy ons baie of min kan gee, dit is skriftuurlik om opreg te smeek vir die voorreg om ons getroue Christenbroers te help wat ’n behoefte aan lewensnoodsaaklikhede het (2 Kor. 8:1-4). [jv-AF bl. 314 par. 2]

2. ‘Gog van Magog’ is ’n simboliese verwysing na die regerings van hierdie wêreld (Eseg. 38:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w91-AF 8/15 bl. 27 par. 2.]

3. Net soos Ohola die ouer suster van Oholiba was, soos uitgebeeld in Esegiël hoofstuk 23, is Rooms-Katolisisme ook die ouer suster van Protestantisme, en albei organisasies het hulle verontreinig deur hulle skuldig te maak aan geestelike owerspel met die handels- en politieke magte van die wêreld. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w89-AF 4/1 bl. 30.]

4. Jehovah se Getuies het so toegeneem dat hulle nou meer is as die bevolking van tientalle individuele nasies. [jv-AF bl. 278 par. 3]

5. Kornelius was die eerste nie-Jood wat ’n Christen geword het. [it-1 bl. 513 par. 3, 4]

6. Jakobus 4:17 en Esegiël 33:7-9 stem met mekaar ooreen en toon dat kennis van wat God van ons vereis ons teenoor hom aanspreeklik maak. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w93-AF 4/1 bl. 7 par. 1.]

7. Daniël het bewys dat hy ’n ware profeet is deur die betekenis van die droombeeld te verduidelik nadat koning Nebukadnesar dit aan hom beskryf het. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien Daniël 2:7-9, 26.]

8. Die water wat uit die visionêre tempel vloei en in Esegiël 47:1 beskryf word, stel die reinigende krag van die doop voor. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 27 par. 20.]

9. Die voorbeeld van Bileam dien as ’n waarskuwing vir almal wat eiesinnig is en wat aanhou om God se wil te verontagsaam terwyl hulle selfsugtige gewin najaag (Jud. 11). [it-1 bl. 244 par. 4]

10. Die getroue sekretaris van die profeet Jeremia wat belowe is dat hy die beleëring en vernietiging van Jerusalem sou oorleef, was Ebed-Meleg. [it-1 bl. 259 par. 5]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Op watter maniere het Charles Taze Russell getoon dat hy Jesus se woorde ter harte geneem het om eers die Koninkryk te soek? (Matt. 6:33) [jv-AF bl. 284 par. 1]

12. Waarvan lewer die byeenkomste van Jehovah se Getuies onweerlegbare bewys? [jv-AF bl. 254 par. 2, 3]

13. In watter opsig moet Jehovah se gesalfde Getuies en hulle metgeselle soos Esegiël wees? (Eseg. 11:25) [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 16 par. 3.]

14. Waarom is afsonderlike vergaderinge vir jongmense in die gemeente in 1938 gestaak? [jv-AF bl. 246 par. 1]

15. Op watter maniere het koningin Atalia haar moeder, Isebel, nagevolg? [it-1 bl. 209 par. 3]

16. Wat is die betekenis van die Goddelike naam, Jehovah? [kl-AF bl. 25 par. 7]

17. Wie het hoofsaaklik die verantwoordelikheid om materiële hulp te verleen wanneer ’n ware Christen behoeftig raak, en wat is die skriftuurlike grondslag vir jou antwoord? [jv-AF bl. 305 par. 1]

18. Wie was die plaasvervanger vir Naomi in die swaershuwelik met Boas? [it-1 bl. 347 par. 8]

19. Watter profeet het na die aarde as ’n “kring” verwys, en waar in die Skrif staan dit opgeteken? [kl-AF bl. 17 par. 14]

20. Wat beteken dit werklik om eers die Koninkryk te soek? [jv-AF bl. 295 par. 1]

Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:

21. Ter vervulling van Esegiël 21:26 is die ‘hoë’ koninkryk van ․․․․․․․․ “na onder” gebring toe dit in ․․․․․․․․ vernietig is, en die lae ․․․․․․․․ koninkryke is “na bo” gebring en hulle is in beheer van die aarde gelaat sonder ingryping deur ’n tipiese ․․․․․․․․ van God. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w88-AF 9/15 bl. 19 par. 16.]

22. ’n Gedeelte van die boek ․․․․․․․․ is eintlik ․․․․․․․․ wat vooruit geskryf is en vestig die aandag op die magstryd van die groot dinastieë deur die eeue heen. [si-AF bl. 138 par. 1]

23. Die uitdrukking “my kneg Dawid” in Esegiël 34:23 is lank ná die dood van ․․․․․․․․ geskryf; dit is ’n profetiese stelling en verwys na ․․․․․․․․. [si-AF bl. 137 par. 31]

24. Tussen Januarie 1946 en Augustus 1948 het Jehovah se volk ․․․․․․․․ en ․․․․․․․․ voorsien aan Getuies wat in ten minste 18 lande gewoon het wat deur die ․․․․․․․․ geteister is. [jv-AF bl. 308 par. 3, 4]

25. Mylpale in geestelike groei is bereik toe ons in 1931 die naam ․․․․․․․․ aangeneem het, toe die ․․․․․․․․ in 1935 geïdentifiseer is, toe die ․․․․․․․․ in 1950 vrygestel is en toe ons begrip van ․․․․․․․․ in 1962 reggestel is. [jv-AF bl. 260 par. 4–bl. 264 par. 2]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die ondervinding van (Abigail; Dorkas; Dina) lig die waaragtigheid van die beginsel in 1 Korintiërs 15:33 toe. [it-1 bl. 627 par. 3]

27. Kores het die stad (Jerusalem; Babilon; Nineve) verower deur die water van die (Tigrisrivier; Jordaanrivier; Eufraatrivier) af te keer sodat sy troepe die stad kon binnegaan. [it-1 bl. 567 par. 1]

28. Sy naam was eintlik Josef, maar vanweë sy goedhartigheid en vrygewigheid het hy as (Andreas; Barnabas; Bartolomeus) begin bekend staan, wat “Seun van (Smart; Vreugde; Vertroosting)” beteken. [it-1 bl. 257 par. 3, 4]

29. Belsasar, die eersgebore seun van (Kores; Nabonidus; Nebukadnesar), word in die Bybelverslag net deur (Esegiël; Daniël; Jesaja) gemeld, en argeologiese bewyse bevestig die historiese egtheid van die verslag. [it-1 bl. 282 par. 11]

30. Die val van Babilon is deur (Daniël en Hosea; Joël en Amos; Jesaja en Jeremia) voorspel. [kl-AF bl. 18 par. 17]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder: 2 Kron. 14:2-5; Ps. 78:40, 41; Jes. 55:10, 11; Dan. 1:8, 11-13; 1 Kor. 9:16

31. Om die belangrikheid van die predikingswerk te beklemtoon, het ’n Wagtoring van 1949 gesê: “Jehova[h] het die prediking die allerbelangrikste werk gemaak wat enigeen van ons in hierdie wêreld kan doen.” [jv-AF bl. 292 par. 4]

32. Jong Christene moenie huiwer om die owerheid en medeleerlinge beleef mee te deel dat hulle nie hulle goddelike gewete sal skend nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 11/1 bl. 14 par. 17.]

33. God se oorspronklike voorneme met die mensdom en die aarde sal verwesenlik word. [kl-AF bl. 9 par. 10]

34. Getroue knegte van Jehovah staan afvalligheid moedig teë en werk ywerig om ware aanbidding te bevorder. [it-1 bl. 183 par. 11, 12]

35. God het gevoelens, en die keuses wat ons maak, is vir hom van belang. [kl-AF bl. 14 par. 8]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel