Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir September: Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R10,50 vir die groot uitgawe en R5,30 vir die klein uitgawe. Gemeentes wat Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe en Hoe om ’n gelukkige gesinslewe op te bou in voorraad het, kan hierdie boeke ook aanbied. Oktober: Jaarintekeninge per pos op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R38,00 vir halfmaandelikse uitgawes. ’n Jaarintekening op maandelikse uitgawes of ’n halfjaarlikse intekening op halfmaandelikse uitgawes kos R19,00. Klubintekeninge kos onderskeidelik R24,00 en R12,00. Wend ’n spesiale poging aan om eksemplare van die tydskrifte te laat wanneer die aanbod van die hand gewys word. November: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R3,50. ’n Spesiale poging moet aangewend word om terug te gaan na almal by wie daar ’n boek gelaat is, met die doel om tuisbybelstudies te begin. Desember: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte saam met die boek Die Bybel—God se woord of die mens s’n? teen ’n bydrae van R9,10.
◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangewys is, moet die gemeente se rekeninge op 1 September of so gou moontlik daarna ouditeer. Stel die gemeente in kennis wanneer dit gedoen is.
◼ Verkondigers wat in Oktober as hulppioniers wil dien, moet hulle aansoek vroegtydig ingee. Dit sal die ouer manne help om die nodige reëlings vir tydskrifte, lektuur en gebied te tref.
◼ Die ouer manne word daaraan herinner om die instruksies op bladsye 21-3 in Die Wagtoring van 15 April 1991 deur te voer in verband met enige uitgesette of gedissosieerde persone wat dalk herstel wil word.
◼ Die Bethelhuis en -fabriek sal op Saterdag, 12 Oktober 1996, vir skoonmaakwerk gesluit wees, en daar sal dus geen reëlings vir toere wees nie.
◼ Hiermee herinner ons ALLE GEMEENTES daaraan dat hulle asseblief die “Advance Medical Directive/Release”-kaarte en identifikasiedokumente so gou moontlik op die Literature Order-vorm (S-AB-14) moet bestel. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lektuurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur. Die mediese dokumente kos tien sent elk en die identifikasiedokumente kos agt sent elk. Bestel asseblief in veelvoude van 20, indien moontlik. Moenie hierdie kaartjies uitdeel nie, maar hou dit totdat julle verdere instruksies van die Genootskap af ontvang.
◼ Gemeentes moet Jehovah se Getuies se kalender vir 1997 saam met hulle lektuurbestelling vir September begin aanvra. Die kalenders sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Portugees, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Dit is ’n beheerde item. Gemeentes wat nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wat ’n nadelige saldo op hulle lekt̀uurrekening het, moet geld saam met hulle bestelling stuur.
◼ Nuwe kompakskywe beskikbaar:
Watchtower Library—1995 Edition (gemeente, publiek en pioniers: R45,00)—Engels
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Knowledge That Leads to Everlasting Life (Dele 2 en 3; gemeente en publiek: R52,00; pioniers: R45,00)—Engels vir die dowes
◼ LET WEL: Die nuwe datums en plekke vir die volgende streekbyeenkomste is:
13-15 Desember: Gaborone (Engels, Tswana) Germiston (Engels, Portugees) Johannesburg (Afrikaans)
20-22 Desember: Soshanguve (Sepedi/Suid-Sotho/Tswana) Soweto (Suid-Sotho)
27-29 Desember: Mamelodi (Zulu) Soweto (Zulu)